Dié hoogs afgeronde digdebuut van Corné Coetzee is ’n opwindende gebeurtenis
in die Afrikaanse uitgewersbedryf. Coetzee het ’n sonderlinge styl en toonaard.
Op die oppervlak roer daar ‘n oënskynlike eenvoud, maar onderliggend is ’n web
van deurdagtheid versteek. Volgens een keurder word die gedigte veral
gekenmerk aan ’n fyn balans tussen emosie en mymering/waarneming – iets wat
herinner aan sommige historiese digkunsvorme uit Japan en China. Coetzee put
uit die wêreld van die huisvrou, die groei en verbrokkeling, vreugde en pyn van
verhoudings, die Boeddha, die omgewing en die hier-en-nou soos gesetel in die
durende gang van lewe en dood.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!