Veelbekroonde reisskrywer Dana Snyman vertel die verhaal van sy eie
lewensreis, die van sy familie en van sy land. Hy reis agter
stories uit die verlede aan, van die eerste Snyman, seun van 'n wit
pa en 'n slavin-ma, tot vandag, waar mense op die platteland hom in
hul geheime inlaat. Elkeen van ons het mos sy eie 'Inkandla' -
tuisdorp - en Dana se reis neem hom onder meer ook na Julius Malema
se ouma se huis en na President Zuma se werklike Inkandla in
KwaZulu-Natal, waar hy bokvleis met President Zuma se broer geeet
het. Dan keer Dana terug huis toe, via Bloedrivier en die museum
waar sy oupa se broek nog uitgestal word. Dana se verhaal is
vervleg met die stories van ons almal wat 'hiervandaan' is. Eg,
warm en gevul met deernis, soos ons Dana leer ken en leer liefkry
het.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!