‘n Baie oulike, eenvoudige Afrikaanse rymvertaling! Perfek om
kinders te leer lees. Die klein koning woon in 'n mooi paleis, maar
het niemand om mee te speel nie. Hy word verlief op Rosie, die
dogter van die tuinier. Maar omdat sy nie ‘n kroon dra nie, mag hy
nie met haar trou nie. Die klein koning kry 'n goeie oplossing: Hy
haal net sy eie kroon af!