Binne ‘n kwessie van ‘n dag val Milan se lewe uitmekaar en verloor sy
alles. Teensinnig moet sy Albert du Randt se hulp aanvaar. Sy is egter
moeg daarvoor dat mans haar boelie, en Albert is juis die soort man
wat daaraan gewoond is om te kry wat hy wil hê. Boonop is hy net te
diep gewortel in die verlede waarvan sy graag wil wegkom.
Albert se lewe is netjies en agtermekaar en hy het reeds die ring
gekoop vir iemand wat uitstekend daarin pas. Maar die loskop Milan
maak dinge in hom wakker wat eerder slapend moes bly. Toe Milan in
die tuinwoonstel op sy erf intrek, help dit ook niks om die effek van
haar liggaam op sy sintuie te verdoof nie.
Die vonk tussen hulle word vinnig ‘n vuur, en Milan wonder of sy ooit ‘n
man soos Albert se hart sal kan steel.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!