Nie net ontglip die gevreesde maanhaar Tom se jaggeweer keer op
keer op onverklaarbare wyse nie – ook in die Stroebel-huishouding
draai die duiwel rond en tart Tom se verlede hom telkens in die
gestalte van beeldskone Maria Stroebel, wie se huwelik duidelik
wankel onder die druk van die boerdery. Hoewel die plaasvoorman,
Adolf Freimut, skynbaar die leisels stewig vashou, is daar iets
verdag omtrent die arrogante jong Duitser – en ook oom Wolfgang se
sekretaresse, June Crosby, blyk ’n slinkse geaardheid agter haar
bril en bolla te verberg. Boonop is Theresa Stroebel lank nie meer
die rabbedoe-tiener wat Tom van sy vorige besoeke onthou nie, maar
’n sjarmante jong dame met ’n uitgesproke wil … Is die
mensvreterleeu werklik die bron van die spanning tussen die
Stroebels – of die rookskerm waaragter groter kwaad gestook word?
En sal Tom daarin slaag om die dreigende krisis suksesvol af te
weer?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!