Reeds op 7 Desember 1936, enkele maande na Eugene N. Marais se
tragiese dood en as bekendstelling van die vierde druk van sy
Versamelde gedigte, bepleit N.P. van Wyk Louw in ’n radiopraatjie
“’n mooi, definitiewe uitgaaf van sy verse... Alles wat hy geskrywe
het, ook die vroeere Engelse verse, behoort daar te wees … Hierdie
dinge is vir ’n begrip van die ontwikkeling van Marais se verskuns
noodsaaklik.” Bykans sewentig jaar na Van Wyk Louw se pleidooi het
’n werkgroep van die Universiteit van Stellenbosch al Marais se
ongebundelde verse in tydskrifte en koerante opgespoor,
manuskripgegewens bygehaal en die verskillende bundeluitgawes wat
tydens die digter se lewe verskyn het, met mekaar vergelyk. Hierdie
nuwe uitgawe is nie alleen die eerste volledige versameling van al
die gedigte van Marais waarop die werkgroep hul hand kon le nie.
Dit is ook die eerste waarin van die beginsels van die
edisiewetenskap uitgegaan word.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!