Dis 1850, in die middel van Kalifornië se goudstormloop, en Angel verwag niks anders as verraad van mans nie. Sy is reeds as kind in prostitusie gedwing en haar enigste oorlewingsisteem is die haat wat in haar brand. Dan ontmoet sy vir Michael Hosea. ’n Man wat sy Vader se hart soek in alles wat hy doen.
In Verlos deur die liefde luister Michael Hosea na God se opdrag: hy trou met Angel en het haar onvoorwaardelik lief. Stadig dring hy tot haar deur; breek deur die bitterheid tot haar hart begin sag word. Maar dit bring oorweldigende gevoelens van onwaardigheid en vrees. En dan vlug Angel. Terug na die duisternis, weg van haar man en sy deurdringende liefde. Sy is vreesbevange en besef haar enigste genesing moet kom van die Een wat haar nog liewer het as Michael Hosea. Die Een wat haar nooit ooit sal laat gaan nie.
Meer as 1 miljoen eksemplare van hierdie roman oor God se onvoorwaardelike, oorvloedige liefde is al węreldwyd verkoop. Hierdie nuwe uitgawe sluit ook ’n studiegids in om Francine Rivers se legendariese verhaal in elke leser se hart vas te lę.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!