Zara is vasbeslote om nooit ’n vervelige getroude lewe te lei nie,
maar een van avontuur. Sy leer vir Fernando ken en raak verlief op
sy eksotiese voorkoms en geheimsinnige identiteit.
Daar is egter reeds ’n vrou en ’n baba in sy lewe. Hy betaal Zara
met silwer munte om na die baba om te sien terwyl hy na die ma
gaan soek. Hy weier egter om te sê waar die munte vandaan kom.
Sy begin vermoed dat hy die seerower is wat ’n trommel vol
soortgelyke muntstukke van ’n handelskip in die hawe van
Tafelbaai geplunder het.
Sy bewaar egter sy geheime, want die geld help om haar pa se
dobbelskuld aan Hendrick Vanloveren te vereffen. Op dié manier
sal haar pa se skandes ten minste ’n geheim bly. En sy hoef nie
met Hendrick te trou as betaling van haar pa se skuld nie.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!