Onthou jy nog die dae van donkiekarre, negosiewinkels, hanslammers
grootmaak en tiekiedraai in die waenhuis? Die dae toe ’n Engelsman
nog iets vreemds vir ’n Afrikaanse plaasseun was en ’n man moes kon
briewe skryf om ’n nooi te bekoor? Met Daar doer in Duitswes roep
Helm Jooste daardie dae met nostalgie en humor in herinnering. Hy
vertel met selfspot van sy eie ervarings in onder andere die ou
Suidwes: vertellings wat jou terselfdertyd laat lag en met heimwee
en deernis vul. Kom dans op maat van die Rooiduin Orkes tot
rooidag; skater en bloos oor die lywige Ant Maryntjie en die
tandlose Toks – en droom saam met ’n bobaasverteller oor die “se
nou maars” en verspeelde kanse in Jessica se blou oe. Verskeie
humoristiese vertellinge van Helm Jooste word in hierdie boekie
saamgevat. Meeste van die vertellinge handel oor die ou Suidwes.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!