Die geheim van ʼn goeie leuen is om altyd bietjie waarheid by te voeg ...
Mila Berg is seker van een ding: Sy en Markus hoort saam. Vandat sy hom die
eerste keer gesien het, was haar hart syne. Die feit dat hy ʼn vrou en kinders het
maak geen verskil nie, want Mila het ʼn plan. Sodra sy haar regmatige plek in sy
gesin inneem sal die verlede nie meer saak maak nie.
Haar streng pa se frons sal nie meer rillings teen haar ruggraat afstuur nie. Haar
ma sal haar weer in die oë kan kyk. Die liters bloed op die kombuisvloer sal
skoongewas word. Hulle almal sal haar sien, raaksien vir meer as die goeie
suster. Mila se werklike lewe is binne haar bereik. Al wat sy moet doen is kophou.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!