0
Your cart

Your cart is empty

Books > Food & Drink > National & regional cuisine

Not currently available

Weskuskos (Afrikaans, Paperback, Updated ed) Loot Price: R225
Discovery Miles 2 250
You Save: R25 (10%)

Weskuskos (Afrikaans, Paperback, Updated ed)

Ina Paarman

 (sign in to rate)
List price R250 Loot Price R225 Discovery Miles 2 250 You Save R25 (10%)

Bookmark and Share

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Weskuskos bied ’n verskeidenheid eenvoudige, dog heerlike geregte, eie aan die Suid-Afrikaanse Kaapse Weskus, maar enersyds onlosmaaklik verweef met die geskiedenis en lewens van haar gemeenskappe. Toegevoeg tot die vanselfsprekende seekosgeregte, is nog smaaklikhede – van eenvoudige sop tot feestelike nageregte en verrassings vir ‘onweersdae’. Soos baie ander vissersgemeenskappe, werk pelagiese vissermanne aan die Suid-Afrikaanse Kaapse Weskus vir fabrieke en word slegs op kommissiebasis betaal. Aangesien visvang tot seisoene beperk is en mans normaalweg die broodwinners is, is armoede ’n algemene gesig.

In 1994 is ’n visvangkwota in Suid-Afrika ingestel om die visbedryf deur werkskepping en bemagtiging van eens gemarginaliseerdes, te hervorm. Vir Katie Prezens, Jane Solomon en haar suster, Suzanne, almal van Hopefield, was die kwotastelsel ’n uitkoms uit hul sukkelbestaan. In 1996 is die maatskappy vir die vroue en weduwees van pelagiese vissermanne, die Bergrivier Vissersvrouevereniging, geregistreer en het hulle om ’n kwota aansoek gedoen. Die kwota is toegestaan, maar weens ’n gebrek aan eie bote, moes ’n vismaatskappy namens hulle die kwota vul, waarvoor hulle dan ’n persentasie van die ‘vangs’ moes afstaan. Selfs met die klein inkomste, was hulle in staat om daardie geld in meer ekonomies-uitvoerbare projekte te stort. Die Bergrivier Vissersvrouevereniging bestaan uit lede van gebiede langs die Weskus wat verskeie strategiee aan die dag le om die volhoubaarheid van hul gemeenskap te bevorder. Weskuskos verteenwoordig een so ’n projek en word beskou as ’n manier om die geskiedenis van die mense van die Weskus aan te teken en hul trots en waardigheid aan hulle terug te gee. Ongelukkig is die maatskappy ontbind na die boek se eerste uitgawe. Oor geslagte heen was die Weskusmense bekend as ’n vissersgemeenskap, maar as gevolg van kommersialisering, staar hulle nou die einde van daardie tradisie in die gesig.

Lewe aan die Weskus is onherroeplik verander en selfs kreef wat eens armmanskos was, is nou so skaars en gesog dat dit as rooi goud bekend staan. Daarom bring die Bergrivier Vissersvrouevereniging, onder leiding van Ina Paarman, vir ons Weskuskos – ’n versameling resepte, sommige uit vervloe dae, wat so saam met die sout van see en traan ontwikkel is. Ingesluit is onvergeetlike seekos en watertand braai-en vleisgeregte, sop wat jou na kleintyd laat verlang en iets vir die dag van more, want die mense aan die Weskus ken ook swaarkry en weet om vooruit te beplan. ’n Unieke kookboek bied ons ’n kykie in die lewe van die mense aan die Kaapse Weskus soos hulle hulself sien.

General

Imprint: Jonathan Ball Publishers
Country of origin: South Africa
Release date: March 2014
Editors: Ina Paarman
Dimensions: 294 x 212 x 14mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 143
Edition: Updated ed
ISBN-13: 978-1-86842-280-7
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Health, Home & Family > Cookery / food & drink etc > National & regional cuisine
Books > Food & Drink > National & regional cuisine
Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin
Books > Afrikaans > Kook en Geniet
Promotions
LSN: 1-86842-280-1
Barcode: 9781868422807

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

You might also like..

Cooking Lekka - Comforting Recipes For…
Thameenah Daniels Paperback R300 R275 Discovery Miles 2 750
All Dhal'd Up - Every Day, Indian-ish…
Kamini Pather Hardcover R420 R329 Discovery Miles 3 290
The South African Vegan Cookbook
Leozette Roode Paperback  (5)
R425 R398 Discovery Miles 3 980
Spice Odyssey
Cariema Isaacs Paperback  (3)
R250 R231 Discovery Miles 2 310
Durban Curry - Up 2 Date
Erica Platter, Clinton Friedman Paperback R395 R365 Discovery Miles 3 650
Homegrown
Bertus Basson, Russel Wasserfall, … Paperback R713 Discovery Miles 7 130
Food Trail South Africa
Warren Mendes Hardcover R580 R480 Discovery Miles 4 800
Mezcla - Recipes To Excite
Ixta Belfrage Hardcover R905 R777 Discovery Miles 7 770
Mexico In Mzansi
Aiden Pienaar Paperback R360 R332 Discovery Miles 3 320
Modern Cape Malay Cooking - Comfort Food…
Cariema Isaacs Paperback R390 R360 Discovery Miles 3 600
Boerekos Met 'n Twist
Annelien Pienaar Paperback  (17)
R470 R440 Discovery Miles 4 400
The Cape Malay Cookbook
Faldela Williams Paperback  (1)
R310 R286 Discovery Miles 2 860

See more

Partners