Wener - Maskew Miller Longman 2015 Letterkundeprys. 'n Donker
gedaante klim uit die stomp. Hy is nog donkerder as die donker nag.
Sy oe bult weerskante van sy kop uit. Swart dorings en penne steek
orals uit sy lyf en pote. Ursula krimp ineen van vrees. Sy wil
weghardloop ... hardloop en hardloop en hardloop en nooit terugkom
nie! Maar sy moet, sy moet die Monstervlieg keer. Dan gee die
afskuwelike gedrog 'n deurdringende fluit. Weer en weer en weer
fluit hy sy verskriklike fluit. Steekpyne skiet deur Ursula se ore.
Sy hoor die gedrog nader kom; sy hoor die geruis van sy vlerke. Sy
ruik die stink walms van sy lyf. Maar sy ruik ook die suiwer geur
van 'n bloedrooi roos, 'n spierwit lelie en 'n persblou viooltjie.
Ursula weet ... die tyd het gekom. Jelleke Wierenga is 'n ervare en
professionele woordkunstenaar. Nadat sy jare as joernalis werksaam
was, verdien sy nou haar brood met vertaling, redigering en
skryfwerk. Haar jeugverhale Kat in die pan vir die Fransman en
Bosluis red die koningshuis was onderskeidelik wenner en naaswenner
van die Maskew Miller Longman-prys vir letterkunde. Haar tienerboek
Moord per suurlemoen is met die silwer Sanlamprys vir Jeuglektuur
bekroon.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!