In 'n poging om die verhoudings tussen ouers en kind uit te pluis,
bied hierdie bundel 'n ander sy van die digter, naamlik die
weekhartige omgee van 'n dogter vir haar ouers en veral die
problematiek van 'n dogter teenoor die herinneringe oor haar pa.
Sonder 'n sweem van swaarwigtigheid beeld sy waaksamig soos 'n
"andersoortige sekretaris" die kortstondigheid van 'n aardse lewe
uit. Sy word nie net haar vader se "geheuebank" nie, maar verstaan
haarself ook beter in die taksering van sy nalatenskap. Nuwe en
reeds gepubliseerde gedigte omarm mekaar rondom 'n bewustheid van
hoe teleurstelling in retrospeksie kan groei tot deernis en
berusting: Vandag nog ruik ek 'Old Spice' in tye van onsekerheid en
angs of alleenheid."
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!