Van kleins af is Dawid Pruyt versot op vlieg. Noudat hy binnekort
sestien sal wees, haal hy alles uit om sy
studentevlieenierslisensie te verwerf. Hy studeer egter in die
geheim, want sy streng pa is geheel en al daarteen gekant.
Nietemin, vorentoe beplan hy om sy vlieenierslisensie te kry sodat
hy eers by die Suid-Afrikaanse Lugmag se gewilde span Silwer Valke
kan aansluit. Maar iets gebeur wat sy droom verpletter. Sy meisie,
Donna Brummer, wat self ook 'n ernstige terugslag in haar lewe
ervaar het, weet egter hoe om Dawid se situasie te hanteer. Na 'n
vlug Kaap toe, beleef die twee saam die haglike toestande op die
Kaapse Vlakte waar die gebruik van dwelms, perlemoenstropery,
kaping en moord hoogty vier. Dawid moet sy onsekerhede oor sy eie
toekoms laat vaar en fokus op die penarie waarin hulle hulself
bevind.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!