Dis die verhaal van Smerski, 'n Portugese taalkenner. Maar hy is
emer as taalkenner: hy is minnaar met 'n Suid-Afrikaanse verlede.
Sy geliefde, Isabel, is 'n skoonheid wat hom herinner aan die
Isabel in Goya se bekende skildery. Wanneer Isabel toevallig ontdek
dat Smerski 'n uitskietmes met hom saamdra, begin sy wonder oor sy
verlede en terwyl hulle reis deur 'n bergagtige deel van Portugal
dwing sy hom met haar vrae om stelselmatig alles te onthul wat hy
tot nog toe probeer verdoesel het: eers die verhaal van 'n Smerski
gebore in Mosambiek en wat gaan soek het na sy pa in die olievelde
van Cabinda in Angola, om dan later in Portugal te beland. Dan die
tweede verhaal wat nog dieper weggesteek is. 'n Smerski wat in
Suid-Afrika gebore is, 'n Afrikaner wat in die SA Weermag was
tydens hulle invalle in Angola.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!