Books > Sport & Leisure > Travel & holiday > Travel writing
|
Buy Now
Afskeid van Europa (Afrikaans, Hardcover)
Loot Price: R267
Discovery Miles 2 670
|
|
Afskeid van Europa (Afrikaans, Hardcover)
(sign in to rate)
Loot Price R267
Discovery Miles 2 670
Expected to ship within 9 - 13 working days
|
In Afskeid van Europa lewer Karel Schoeman verslag van sy laaste
twee besoeke aan Nederland, Duitsland en Oostenryk gedurende die
herfs van 2011 en 2013. Dit is veral die stede Amsterdam, Berlyn,
Dresden, Salzburg en Wene wat aandag kry en ook met Schoeman se
vermoe om mense en plekke wat hy waarneem, in woorde tot gestalte
te bring. By dit alles is daar ’n ondertoon van heimwee en
gelatenheid omdat die skrywer voortdurend bewus is daarvan dat dit
werklik sy laaste besoeke is en hy dikwels aan sy ouderdom herinner
word: “‘Elderly,’ lees ek op my vliegkaartjie, ‘can’t walk long
distance can sit gate close 15 minutes prior to departure.’ Dit is
ek.” Maar afgesien van die element van afskeid, is dit Schoeman se
belesenheid en sy vermoe om hede en verlede te skakel wat opval en
hierdie boek ’n ryk leeservaring maak. Nie alleen die politieke
geskiedenis nie, maar ook die verhale van die gewone mens soos dit
in die letterkunde uitgebeeld is, word in verband gebring met die
strate, parke, kerke en paleise van die groot stede wat hy besoek.
Onvermydelik skryf hy oor die twee wereldoorloe se impak op mens en
omgewing, maar ook die vasberade inisiatiewe om te restoureer en te
herstel in stede soos Berlyn en Dresden. Die hede met sy
massatoerisme, die gewonde daaglikse gang van sake en veral ook die
tipiese geregte van die plekke wat hy besoek, verseker dat die boek
vir eietydse reisigers ook relevant is.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.