Elani is oortuig mans raak nie sommer aangetrokke tot haar nie
weens haar reputasie as syferkop en boekwurm. Wanneer sy vir
Rick op Bietjiebaai ontmoet, is dinge egter ’n ander saak. Rick
word bekoor deur haar kinderlik onskuldigheid oor die liefde. Hy
terg haar genadeloos en lok haar uit om nuwe dinge te waag.
Rick het Bietjiebaai toe gekom om sy biologiese pa op te spoor.
Wanneer hy hom vind, worstel hy om hom te konfronteer, want hy
voel te wrewelrig teenoor die knorpot wat hom en sy ma byna
dertig jaar gelede in die steek gelaat het.
Elani stoei weer met die onregverdigheid van die lewe wat haar
ouers op ’n jong ouderdom van haar weggeneem het. Rick moet
leer vergewe, en Elani moet leer aanvaar. Bowenal moet albei besef
dat God ’n groter plan het vir hul lewens.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!