0
Your cart

Your cart is empty

Books > Fiction > Genre fiction > Romance

Buy Now

Onvoorspelbare Harte (Afrikaans, Paperback) Price: R310
Discovery Miles 3 100

Onvoorspelbare Harte (Afrikaans, Paperback)

Mari Roberts

Series: Romanza Omnibus

 (sign in to rate)
Price R310
Sold by
Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
Discovery Miles 3 100

Bookmark and Share

Expected to ship within 2 - 4 working days

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Mari Roberts se vorige Romanzas, Dans in die reën, Sprokiesprinses en Fasade van die hart.

Dans in die reën:

Nick du Toit was nog altyd sexy. Gevaarlik sexy.

Kleintyd het haar maats se leepoë oor hom haar geamuseer. Totdat Lillie se mond ook begin droog word het. Skielik was hy meer as net haar aangetroude neef, haar mentor, die ou wat haar beskerm.

Hy was die man wat sy liefhet.

Maar Nick is nege jaar ouer as sy. Wêreldwys. ’n Rokjagter.

Ná vier jaar op universiteit kuier sy weer by haar tante-hulle op die plaas. En Nick is daar. Sterk. Onweerstaanbaar. Onvoorspelbaar. Hy verwar Lillie, maak haar woedend … én haar bene lam. En sy weet sy moet liewer padgee, ás sy haar stukkende hart wil laat heel word.

Sprokiesprinses:

’n Maand voor haar troue word Zoë in die steek gelaat. Haar selfvertroue is daarmee heen. Sy twyfel aan haar vroulikheid, en haar selfbeeld is aan skerwe.

Die stappery in die Outeniqua moet help om haar kop skoon te kry, haar help heel word. Maar ’n groter probleem wag daar – Kian Richards. Om amper met ’n gay man te trou, was erg, maar om die bewerasie te kry naby ’n man wat vroumense so geniet dat hy hom nie laat bind nie, is onhanteerbaar.

Miskien moet sy ’n bietjie flirt, haar vroulikheid toets. Maar sy is nie opgewasse teen die intensiteit van haar gevoelens nie. Koelkop kan sy Kian nie hanteer nie.

Fasade van die hart:

Sy verfoei hom, kan dit nie eens verduur om naby hom te staan nie, wat nog te sê langs hom sit en wild uit die helikopter met dwelmpyltjies skiet.

Beate weet van Derrick de Winter se voete van klei.

Kleintyd was hy haar beste maat, haar held, totdat hy met Lucy begin uitgaan het ... en geweier het om die verantwoordelikheid van hul kind te dra.

Sy weet hy gryp onbetrokke na vroue soos stukkies dryfhout wat verbykom, en los hulle ewe vinnig.

Sy sal haar nie laat meesleur nie.

Maar die aand van die verpestelike rooi rok speel sy roekeloos saam, met gevolge wat selfs sy nie kon voorsien nie.

General

Imprint: LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
Country of origin: South Africa
Series: Romanza Omnibus
Release date: April 2018
Authors: Mari Roberts
Dimensions: 198 x 129 x 30mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 386
ISBN-13: 978-0-7993-8900-5
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Fiction > General & literary fiction > Modern fiction
Books > Fiction > Genre fiction > Romance > General
Books > Afrikaans > Fiksie
Promotions
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Drama
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Romance
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Fiction
LSN: 0-7993-8900-5
Barcode: 9780799389005

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

You might also like..

Bad Luck Penny
Amy Heydenrych Paperback  (1)
R365 Discovery Miles 3 650
Impossible
Sarah Lotz Paperback R328 Discovery Miles 3 280
Rut & Boas - 'n Liefdesverhaal
Barend Vos Paperback  (1)
R275 R258 Discovery Miles 2 580
The Wish
Nicholas Sparks Paperback R442 Discovery Miles 4 420
The Recovery Agent
Janet Evanovich Paperback R374 Discovery Miles 3 740
A Distant Shore
Karen Kingsbury Hardcover R643 Discovery Miles 6 430
Book Lovers
Emily Henry Paperback  (4)
R245 R226 Discovery Miles 2 260
Icebreaker
Hannah Grace Paperback R240 Discovery Miles 2 400
The Hardest Fall
Ella Maise Paperback R240 Discovery Miles 2 400
Nova - Renegades: Book 2
Rebecca Yarros Paperback R305 R272 Discovery Miles 2 720
Rebel - Renegades: Book 3
Rebecca Yarros Paperback R305 R272 Discovery Miles 2 720
Wilder - Renegades: Book 1
Rebecca Yarros Paperback R305 R272 Discovery Miles 2 720

See more

Partners