Olivia October beëindig haar netballoopban in Australië en keer terug na
Suid-Afrika. Met haar spontane geaardheid en voller figuur wat sy met
selfvertroue dra, skep sy die indruk van sorgvryheid. Selfs haar beste
vriendin by wie sy aanvanklik tuisgaan, weet nie van die hartseer en
berou wat sy met haar saamdra nie.
Olivia se pad kruis met dié van Shaun Mouton, ’n professionele,
krieketafrigter en hulle stamp dadelik koppe toe sy hom met prins Harry
vergelyk oor sy rooi hare en hy in ’n oomblik van dwaasheid ’n
opmerking oor haar lyf maak. Die twee takel mekaar konstant met
woorde, maar die hart praat natuurlik ’n taal van sy eie.
Die vrolike Shaun dra swaar aan die verwerping wat hy as kind ervaar het
en vind tot sy verbasing troos by Olivia. Die feit dat hulle voorlopig ’n
huis moet deel lei tot wrywing, maar stadigaan ook tot dieper begrip. ’n
Reis deur Portugal bring nuwe insigte en ook die wete dat elke hart na ’n
rusplek soek.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!