Yvette, Paul, Mila, Emma, Adriaan, Liane, Max, Bobby, Ralph, Philip: Tien karakters wie se verhouding in Wegkomkans oor ’n tydperk van tien jaar eb en vloei soos die getye van die see wat telkens die agtergrond vir hulle “wegkomkanse” vorm.
Vanaf die politieke noodtoestand in die jare tagtig tot die demokratiese bevryding in 1994: Dié vriendekring se samesyn bly die konstante in ’n andersins veranderende wêreld waarin die ontnugterings en teleurstellings van die werklikheid soms met niks anders as goeie kos, goeie wyn en ’n stewige skeut selfspot getemper kan word nie. Soos hulle jeugdrome vervorm en hulle naïewe optimisme oor die lewe verdof, groei en verander die vriendskap. Verhoudings kom en gaan, ouerskap word ’n al hoe prominenter onderwerp van bespreking, die jeugdige passie oor ’n “nuwe” Suid-Afrika word ’n neutraler, meer besadigde gelatenheid oor wat nié verander kan word nie.
“Verlore liefde tussen twee mense,” verklaar een van die karakters, “kan so tragies wees soos verlore menseregte vir miljoene.” Uiteindelik is dit vriendskap wat die aanslag van tyd en trauma deurstaan; wat ’n skans teen verlies vorm.
Die nuwe Slotwoord tot hierdie roman, skryf Marita van der Vyver: “Hierdie roman, so vertel hulle my, kan ’n nuwe geslag lesers help begryp hoe Afrikaanse stedelinge in die laat jare tagtig en vroeë jare negentig, tussen die laaste stuiptrekkings van die Ou Suid-Afrika en die skrikwekkende geboortepyne van die Nuwe Suid-Afrika, dit reggekry het om op die rand van ’n afgrond te bly dans.”
Wegkomkans bied op hoogs vermaaklike dog erg simpatieke wyse insig in Suid-Afrikaners se versugtinge en ontnugterings – wat byna 20 jaar nadat die teks oorspronklik verskyn het nog net so relevant is soos destyds.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!