Oor Gode En Afgode is ’n herdruk van ’n vyftal essays van die Suid-Afrikaanse filosoof Marthinus Versfeld.
Die bundel het oorspronklik reeds in 1948 verskyn, maar die kwessies wat hierin bespreek word, is vandag steeds aktueel. Versfeld se groot bekommernis hier is dat die Westerse mens se opvatting van redelikheid en sy verhouding met die wêreld om ons, sedert die Verligting baie verskraal het. Met verwysings na die kerkvader Augustinus en groot Middeleeuse filosowe soos Thomas van Aquinas, toon Versfeld aan dat hierdie ouer denkers se sienings van die skepping en die Skepper tot ’n meer geïntegreerde beeld van die mens en sy plek in die werklikheid kan bydra, ’n siening wat ook in ons postmoderne era aanklank by denkende lesers behoort te vind.
Die bundel bevat verder ’n kritiese bespreking van die Franse filosoof Jean-Jacques Rousseau en die oordrewe rol van die Staat in ons tyd (iets wat bekommerde Suid-Afrikaners met instemming kan lees), die verval in moraliteit en die oorheersing van die masjien in die lewe van die gewone mens. Dit is nie Versfeld se toeganklikste werk nie, maar die skrywer slaag steeds daarin om ingewikkelde filosofiese begrippe in eenvoudige taal oor te dra.
Die bundel word ingelei deur prof. Ernst Wolff, ’n kenner van die werk van Versfeld.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!