Melanie Grobler verstaan die kuns om die leser los te maak van die
aarde en die aardse: Die reistema, geografies sowel as deur streke
van die gees, is dan ook ’n bindende en fassinerende faktor in haar
nuwe digbundel. Ook die reis na die gedig, en telkens sien die
leser die digter onderweg na die gedig. Die spreker van die verse
vereenselwig haar dikwels met sjamaan-figure of mistici of gestorwe
voorouers en hul transendentale reise. Die digter se reis stem dus
by implikasie ooreen met die van die sjamaan wat die doderyk besoek
om iets waardevols vir die lewendes terug te bring. Grobler se
beelde is verrassend en lewenskragtig, en dit lok die leser om teen
vermoedens in na betekenis te soek. In ’n sekere sin is hierdie
soeke na ’n ewig ontwykende betekenis die ware betekenis van ’n
gedig. Betowerende en evokatiewe verse.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!