Pretdag is 'n titel in die reeks Slimkoppe Lees!, wat ontwikkel is
om kinders met selfvertroue aan die lees te kry terwyl hulle dit
geniet. Die 16 boekies in die reeks is verdeel in vier vlakke wat
met kinders se leesontwikkeling ooreenstem. Vlak 1 (Kom ons begin!)
is net reg vir outjies wat pas begin lees. Die kleurryke prente
vertel die stories en die teks daarby is eenvoudig. Vlak 1 bied
vier prettige boekies - Hallo!; Een, twee, drie; Pretdag; en Weg! -
elk met vier kort stories. Wanneer kinders dit regkry om kort sinne
te lees, is hulle gereed om saam met die innemende
Slimkoppe-karakters Vlak 2 se avonture aan te durf.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!