|
Books > Children's & Educational > Language & literature > Modern languages (other than English)
Gr 10-12 home and additional languageEnglish and Afrikaans50 000 hit wordsWord breaks and word stressParts of speechPast tense and past participlesIrregular verbsPlural formsNegative formsDegrees of comparisonCollective nounsAbbreviations, short forms and acronymsMasculine and feminine formsLabels indicating contextCross-referencesHomonymsCompound nouns and derivativesCollocations and fixed phrasesSynonymsAntonymsIdioms and proverbs
Voel Afrikaans soms vir jou soos 'n vreemde taal? Dis mos nou Afrikaans! neem jou vanaf graad 8 tot graad 12 op 'n reis om Afrikaans Eerste Addisionele Taal te bemeester, sodat jy die finale matriekeksamen met vlieënde vaandels sal slaag.
Die boek is 'n omvattende, gebruikersvriendelike naslaanbron wat deur sowel onderwysers as leerders gebruik kan word.
Die skrywers het saam meer as 50 jaar ervaring van Afrikaans-onderrig en 11 jaar as nasieners in die NSS-eksamen.
This new, slimmer edition is even more compact, user friendly and
affordable!
A learner-friendly guidebook for Afrikaans Additional Language leaners
with all explanations in English. The book is filled to the brim with
examples and offers lots of free online support, catering for both the
DBE and IEB classroom. It was written by educational experts who
understand the needs of the additional language learner. It is up to
date with the latest Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) and it is
modular so that it can be easily updated.
The book contains six sections: comprehension, grammar, literature,
oral, vocabulary and written work. A QR code takes the learner to
frequently-updated online examples, additional guidance and additional
drill work, a large chunk of which is completely free.
Die handleiding is vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal-leerders
van graad 4 tot 7 opgestel. Die boek word dus eenmalig aangekoop en
word in graad 4, 5, 6 en 7 gebruik. Die handleiding som die teorie
van taalleer, sowel as literere begrippe vir die laerskoolleerder
op. Wenke in die benadering van leesvaardigheid word ook gegee.
Afdeling A bevat 'n opsomming van die verskillende afdelings van
taalleer. Elke aspek van die taalleer vorm 'n eenheid. Afdeling B
bestaan uit wenke wat tydens die beantwoording van begripstoetse en
visuele geletterdheidsoefeninge toegepas kan word. Afdeling C is 'n
opsomming van die letterkundige en poetiese aspekte, wat as
naslaanbron gebruik kan word. Onderwysers hoef nie meer kosbare tyd
aan die opstel van notas te spandeer nie. Verder word tyd ook
gespaar, omdat leerders nie meer notas hoef uit te knip en in te
plak nie. Geld word ook gespaar aangesien afrolwerk nie meer nodig
is nie. Elke onderwyser kan sy eie kreatiwiteit in die opstel van
werkkaarte gebruik. Werkkaarte bly dus altyd relevant en die
vernuwing van werkkaarte is dus geen probleem nie. Die handleiding
beskik oor verskeie praktiese voorbeelde, en leerwerk vir
byvoorbeeld spelling kan uit die handleiding gegee word. Die
handleiding is kleurvol en gebruikersvriendelik. Daar is oulike
wenke wat leerders help om sekere reels maklik te onthou en daar is
nota-blokkies waar leerders addisionele notas kan maak. Die
handleiding is ook 'n gemaklike grootte en lig genoeg om daagliks
skool toe te bring.
Wie het Demi Crowley vermoor? Ses vriende woon 'n musiekfees in die
Cederberg by. Net vyf kom terug. Vir haar sewentiende verjaarsdag nooi
Demi Crowley haar vyf beste vriende saam met haar na 'n musiekfees vir
die partytjie van die dekade. Maar wat veronderstel was om die beste
nag van hulle lewens te wees, verander in 'n nagmerrie wat nie een van
hulle ooit sal vergeet nie. Skerwe is 'n holderstebolder, wegholverhaal
oor liefde, verlies en vriendskap wat jou lank gaan bybly.
• Vir graad 8 tot 12 en verder.
• Vir Huistaal en Addisionele Taal.
• Oreenkomstig die kurrikulum.
• Propvol verduidelikings en voorbeelde.
• Wenke vir eksamenvoorbereiding.
X-kit Presteer Letterkunde Studiegidse maak die nasionale voorgeskrewe romans, dramas, kortverhale en gedigte meer toeganklik vir leerders. Dit verskaf kontekstuele inligting, karakterbeskrywings, volledige ontleding van temas, asook spesifieke eksamenriglyne.
Die onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Huistaal. Dit ondersteun die onderwyser se taak deur:
• ’n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures
• leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ’n neutedop
• wenke te gee vir doeltreffende luister, praat, lees, kyk, skryf en aanbied
• gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas
• onderrigplanne vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning
• ’n formele assesseringsprogram vir graad 5, asook verskeie metodes en instrumente vir assessering
• ’n CD waarop ’n volledige onderwyserslêer, beplanningsdokumente en addisionele werkkaarte verskyn
Die kleurvolle en gebruikersvriendelik handleiding is vir Afrikaans
Huistaalleerders van graad 4-7 opgestel. Die handleiding som die teorie
van taalleer sowel as literêre begrippe vir die laerskoolleerder op.
Wenke in die benadering van leesvaardigheid word ook gegee.
• Afdeling A bevat ’n opsomming van die verskillende afdelings van
taalleer. Elke aspek van die taalleer vorm ’n eenheid.
• Afdeling B bestaan uit wenke wat tydens die beantwoording van
begripstoetse en visuele geletterdheidsoefeninge toegepas kan word.
• Afdeling C is ’n opsomming van die letterkundige en poëtiese aspekte
wat as naslaanbrongebruik kan word.
Ekstra taaloefeninge is iets wat skaars is en menige onderwyser (ouer
en leerder) soek. Dit is wat die Taalwerkboek Afrikaans Huistaal Graad
10-12 ideaal maak:
Dit is ’n taalhersieningsboek vir Afrikaans Huistaal met oefeninge vir
taalstrukture en -konvensies. Daar is hersieningsoefeninge van die
volgende taalaspekte: woordkeuses, sinsbou, spelling, punktuasie,
woordeskat-uitbreiding en kritiese taalbewustheid. Die hersieningsvrae
is ook in noue samehang met die Nasionale Eksamen-vraestel 1 vir
Afrikaans Huistaal (NSS en IEB) opgestel.
Hierdie boek is ideaal vir die leerder wat taalstrukture en -konvensies
onder die knie wil kry en ekstra oefening wil doen. Die boek dien as
aanvulling vir all taalhandboeke.
Antwoorde word op ‘n QR-kode verskaf.
Hierdie boek is ideaal vir onderwysers en ouers! Onderwysers sal die
tekste in die klaskamer kan gebruik omdat daar meer as 50 tekste in ’n
verskeidenheid afdelings is, soos begripstoetse, visuele tekste,
luistertoetse en opsommings. Ouers kan ook die boek vir kinders aankoop
– dit is uitstekend vir addisionele materiaal en vir gebruik in
tuisskool.
Krok hou van speel … maar hy hou nie daarvan as iemand hom kielie nie.
Dil hou van skool … maar hy hou nie van stilsit nie.
Dil hou van Krok. En Krok hou van Dil.
Krok en Dil is beste maats … en hulle sal jou laat skater van die lag!
Krok en Dil gaan skool toe bevat drie skreeusnaakse strokies: Krok gaan skool toe, Sit stil, Dil! en Hik! Die grafiese roman is perfek vir beginnerlesers!
|
|