Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met tieners se smagting
na aanvaarding as sentrale tema. Jong volwassenes se soeke na hul
eie identiteit is ook van belang. Kanya Viljoen se toneelstuk is die
titelstuk van hierdie versameling tekste.
Die tekste wys onder meer
hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul medemens gesien
wil word. Ongelukkig moet daar ook struikelblokke wees wat die reis
na volwassenheid bemoeilik. Fanie Viljoen beskryf hierdie drome en
smagting as 'n "reis na nêrens" in die eerste drama in hierdie bundel.
In "Reënblom" word vertel van die Namamense, wat smag na reën,
en weer kan lag en sing omdat 'n kind vir die ouer mense uitkoms
gee met water vir almal. Ook in "Is jy al wakker?" is dit die jonger
mense wat daarin slaag om die ouer garde uit die groef van hulle
verlede te laat losbreek.
Om teen treine te skree, is 'n uitsonderlike
bundel vir elke leerder om te besit en aan te wend vir leesgenot,
verhoogoptredes en kunswedstryde.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!