|
Books > Health, Home & Family > Handicrafts
|
Buy Now
Kitskuns - Kuns Van Die Gewone (Paperback)
Price: R189
Discovery Miles 1 890
|
|
|
Kitskuns - Kuns Van Die Gewone (Paperback)
(sign in to rate)
Price R189
Discovery Miles 1 890
Expected to ship within 4 - 6 working days
|
Dekorwinkels is vandag gepak met moderne kuns en geblokte kunswerk
wat letterlik deur enigeen geskilder kan word wat 'n basiese idee
van kleur en 'n bietjie deursettingsvermoe het. Hierdie opwindende
nuwe titel deur die skrywers van veelsydige lapverf bied jou
bekostigbare en kreatiewe idees om jou aan hierdie gewilde kunsvorm
oor te gee. Die klem is op tekstuur, lyn en kleur as die skrywers
bladsy na bladsy hul idees en inspirasie met jou deel. Met
oorskietverf wat jy drup, dribbel, blerts, smeer, sleep of spat op
enige denkbare oppervlak, van 'n ou deur of 'n geroeste hek, tot
klampleers, veselbordblokke, 'n spieel of 'n vergete magneetbord,
kan jy jou hele huis opkikker met maklike, treffende kunswerke.
Voeg tekstuur by met sement, oksiede, gompasta, sand, metaalvysels
of kraakvuller en jy het drie-dimensionele items wat op verskeie
maniere aangewend en uitgestal kan word. Die meer tradisionele
olie- en akrielskilderwerk kry ook aandag, met die skrywers se eie
besonderse benadering tot verf-volgens-nommers en kuns op plastiek.
Benewens duidelike stap-vir-stap aanwysings en foto's en pragfoto's
van elke voltooide kunswerk, is daar nuttige patroneen ontwerpe wat
jy kan gebruik op jou pad na roem. Die titel oorbrug die gaping
tussen kuns en handwerk met maklike handwerktegnieke wat enigeen
kan gebruik vir treffende skilderye. Jy kan dit ook doen - jy moet
net weet hoe!
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
You might also like..
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.