0
Your cart

Your cart is empty

Books > Language & Literature > Literature: texts > Essays, journals, letters & other prose works

Buy Now

Om te skryf (Paperback) Loot Price: R458
Discovery Miles 4 580
You Save: R37 (7%)
Om te skryf (Paperback):

Om te skryf (Paperback)

 (1 rating, sign in to rate)
List price R495 Loot Price R458 Discovery Miles 4 580 You Save R37 (7%)

Bookmark and Share

Expected to ship within 7 - 10 working days

Hoe leer jy skryf? Hoe skryf mens oor jouself, oor ander, oor plekke en gebeure of oor idees en oortuigings? Hoe begin jy 'n treffende teks, hoe sluit jy dit af? Mens leer vinnig as jy langs 'n goeie ambagsman gaan staan en mooi loer wat hy doen en die tegnieke wat hy benut in jou eie werk begin toepas. Dit is die lekkerste en vinnigste manier. Hier is 'n boek in Afrikaans wat saamgestel is om jou daarmee te help. Om te skryf bevat vertalings van bekende Engelse prosa en oorspronklike Afrikaanse tekste, maar die boek gaan nie oor wat die skrywers se nie - belangrik soos dit mag wees - maar oor die hoe: die tegnieke waardeur hulle hul boodskap helder oordra. Na elke uittreksel, word daar vrae gestel wat die leser help om die woordmeesters se styl, tegniek en vaardighede aan te leer. Inhoud behels persoonlike skryfwerk, die karakterskets en beskrywing, asook meer abstrakte konsepte soos die uiteensetting van 'n agument en 'n poging om ander mense te oortuig. Later volg tegnieke om 'n stuk te begin en te eindig, skryfwerk oor kuns en media en ten slotte 'n afdeling oor die nuanses van individuele styl. Die boek bevat ook 'n woordelys met bondige definisies van terme wat in die oefenvrae in die boek gebruik word. Die eerste Afrikaanse boek van sy soort vir aspirant skrywers, joernaliste, en enigiemand wat lief is vir literatuur of daarin belangstel om sy skryfvaardighede te verbeter; bevat oor 'n honderd uittreksels uit werk van van die voorste skrywers in die geskiedenis (van Plato tot V.S. Naipaul), asook van die beste skryfwerk uit ons eie literere en joernalistieke erfenis (van Etienne Leroux tot Dana Snyman); opsigselfstaande afdelings bied lesers buigsaamheid om by enige afdeling te begin; oefeninge maak dit moontlik om toe te pas wat gelees is; vergesel van 'n webwerf met gereelde kompetisies, ens. - www.omteskryf.net

General

Imprint: Van Schaik Publishers
Country of origin: South Africa
Release date: March 2013
Dimensions: 245 x 170 x 37mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 664
ISBN-13: 978-0-627-02987-5
Categories: Books > Language & Literature > Literature: texts > Essays, journals, letters & other prose works > General
LSN: 0-627-02987-6
Barcode: 9780627029875

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

Om te skryf is die moeite werd

Mon, 7 Mar 2022 | Review by: Aduppie

Hierdie boek kry volgens my nie genoeg krediet vir die waardevolle inligting in die lywige boek nie. Kombineer dit met die boek Die Afrikaanse skryfgids vir optimale sukses. Die Afrikaanse skryfgids vertel jou wat om te doen terwyl Om te skryf jou wys hoe om te skryf. Dit neem tyd om deur die boek te werk en dit is alles die moeite werd. Skryfskole is nie altyd vir almal beskore nie - hierdie boek vul 'n groot leemte. Jy sal nie spyt wees nie.

Did you find this review helpful? Yes (0) | No (0)

Partners