Meer en meer van die grutonele word ontdek, in 'n populierbos op
die Vrystaatse platteland, in 'n vervalle huis in 'n Johannesburgse
voorstad, dan in 'n skuur op 'n kleinhoewe naby Pretoria: lyke wat
aan die nek van 'n tak of 'n dakbalk hang, ooglopend wreedaardig
tereggestel. En elke keer is daar op die tereggesteldes se bors 'n
lys oortredings met daarby die embleem van 'n organisasie wat
homself Kerk onder die Kruis noem. Suspisie jeens 'n geliefde
kollega is die keer superintendent Pine Pienaar se groot kopseer.
Sy Goudveldse kollega Jan du Plessis s'n was 'n lang ruk 'n stywe
knie, maar nou is dit die verdwyning van die een jong Goudveldse
meisie na die ander, en die ontdekking op 'n plaas naby Wesselsbron
van drie lyke wat van 'n boomtak hang. Iewers tussen die Goudstad
se mynhope en die Goudveld se slymdamme le die antwoord op die
jongste raaisel in die superintendent Pine Pienaar-misdaadreeks.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!