Kort voor sy dood in die 1980’s gee Stefan Hertmans se oupa aan sy
kleinseun ’n paar volgeskrewe ou dagboekies. Jare lank durf
Hertmans dit nie oopmaak en lees nie – tot op ’n dag dat hy dit wel
doen en meer as een geheim daarin ontdek. Hy lees van sy oupa se
armoedige kinderjare in Gent voor 1900, van sy gruwelike ervarings
as frontsoldaat in die Eerste Wereldoorlog en ’n vroeg gestorwe
groot liefde. Na die oorlog sit sy oupa sy lewe voort deur sy
verdriet te probeer wegskilder. Stefan Hertmans se jare lange
fassinasie met sy oupa se lewe bring hom uiteindelik tot die skryf
van hierdie roman.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!