“Die lewensstroom vat ons na onbekende plekke. Ons kan kies watter bagasie ons met ons saamneem – dikwels is dit goed wat maar kon gebly het. Soms verborge dinge waarvan ons nie eens aktief bewus is nie. Soos die eendmossels buite sig op die boeg,” skryf Susanna Pienaar.
Susanna, ’n musikus, is ’n lewenslustige, suksesvolle vrou – ondernemend en vol waagmoed. Met die Pase vertrek sy na ‘n kunstefees. Daar, in ’n spookagtig donker kerk, begin die aanloop tot traumatiese gebeure wat haar lewe binne vier en twintig uur drasties verander. Sy word gestroop van alles wat vir haar kosbaar is – die gebruik van haar vingers en ander ledemate, haar finansiële welvaart, haar geliefde Lucas. Uiteindelik
word sy gedurende haar mediese behandeling en fisieke rehabilitasie gelykgemaak met medemense wie se enigste tuiste onder bokse, onder brûe was.
Haar worsteling met haar verliese en soeke na identiteit lig die sluier oor die invloede in haar verlede, hoe dit haar lank gelede op ’n plattelandese dorpie gevorm het: die onskuld en kameraderie van kinders; die obskure doen en late van die gemeenskappie (dikwels goeie mense); haar worsteling met godsdiens in ’n huis waar die gesin uitmekaar geskeur word deur geloofsverskille tussen ouers. En ook die onnoembare ...
Die laaste noot? deur Susanna Pienaar oor haar lewenservarings staan in die teken van “Da Capo al fine” – ’n musikale aanwysing wat beteken: begin weer voor en speel tot die laaste noot ...
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!