Books > Children's & Educational > Language & literature > Modern languages (other than English) > Literary texts
|
Buy Now
Verneukkind en ander verhale: Grade 11 (Afrikaans, Paperback)
Loot Price: R122
Discovery Miles 1 220
You Save: R16
(12%)
|
|
Verneukkind en ander verhale: Grade 11 (Afrikaans, Paperback)
Series: MML Literature
(sign in to rate)
List price R138
Loot Price R122
Discovery Miles 1 220
You Save R16 (12%)
Expected to ship within 5 - 10 working days
|
Verneukkind en ander verhale is 'n bundel kortverhale gerig op
senior leerders van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal. Die
bundel bevat verhale wat lesers in die eerste plek as stories kan
geniet. Maar 'n belewing - en studie - van die wereld van die
kortverhaal kan lesers ook in staat stel om kreatief hulle eie
werelde te verken. Die keuse van kortverhale in Verneukkind en
ander verhale gee 'n goeie beeld van die verskeidenheid wat
kortkuns kan aanneem: Spanningsverhale met karakters in vreemde en
selfs bedreigende omstandighede.; Die essayistiese uitbeelding van
interessante karakters en hulle intense ervarings.; Lewendige en
vermaaklike humor en satire.; Liefdesverhale met temas wat strek
van jongmens-verliefdheid tot verbode liefde.; Historiese verhale
en herinneringsketse met 'n basis in werklike gebeure in die
verlede; en misterieverhale, legendes en mites oor die vreemde en
onverklaarbare wat tog ook deel van ons innerlike wesens is.
Verneukkind en ander verhale sluit die volgende kortverhale in:
Verneukkind (Fanie Viljoen).; Framboos (Francois Bloemhof).; 'n Bed
vir Johnny (Jeanetta Basson).; Die winterweer (Emile Joubert).;
Koning van die townships (Rudi Daniels).; Frikkie in my kind
(Anastasia de Vries).; Die geskenk (Elsa Joubert).; Optelgoed
(Christien Neser).; Johanna Magdalena Matthee (Annami Simon).; SOS
(Karel Willemse).; Van Duiwel Pontius na Dominee Pilatus (Jan
Spies).; Gesondheid, Souf! (Riana Scheepers).; Die invloed (Pirow
Bekker).; Lywe (Jaco Fouche).; Drie susters (Corlia Fourie).;
Padkamp (JM Gilfillan).; Belinda en die blou ster (Harry Kalmer).;
Bodyguards (Anzil Kulsen).; Die after-party (Jan van Tonder).; Die
kind (Wilna van Heerden).; Dubbelvisie (Clinton V du Plessis).; Die
paradysbossie (Marietjie Kotze).; Riviermin (Elsabe Steenberg).;
Die Gat-in-die-muur (Wendy Maartens).; Roep van die waterslang
(Thomas Deacon). Verneukkind en ander verhale bied omvattende
studiemateriaal oor die ingeslote verhale, spesifiek vir leerders
van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal, maar ook vir enige
belangstellende leser en student van kortkuns. Hierdie e-boek is 'n
digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur
is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in: Die vermoe om
op 'n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk.; Soos
leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die
teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word 'n
optimale lees- en leerervaring verseker; en Leerders kan
aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks
merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en
klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.