Hannes lewe vir kuns, Anton vir dans. Maar dan vind Anton uit hy
het Vigs. In 'n laaste poging om Anton se lewe te vier, probeer
Hannes sy vriend in 'n skildery in die middel van 'n sprong
vasvang: soos 'n feniks wat verrys uit die as. Vlerkdans is bekroon
met 'n Goue Sanlam-prys vir Jeuglektuur en n
ATKV-kinderboektoekenning (13-15 jaar). Hierdie skooluitgawe van
Vlerkdans is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se
Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en
leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae
volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke
van 'n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op
www.tafelberg.com.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!