|
Showing 1 - 25 of
146 matches in All Departments
Toe legioensoldaat Romeomontagus by Caesar die titelakte kry van ’n
Galliese dorpie in Armorica, verruil hy die dorpie aan die
herbergier Ortopedix as betaling vir sy drankrekening. Ortopedix is
baie opgewonde om te trek na die dorpie wat hy gekoop het.
Maar toe hy, sy vrou Aspirien en dogter Corenza daar aankom, rol
hoofman Allamapstix van die lag oor die dorpie wat Caesar kwansuis
verkoop het ...
Hoofman Allamapstix en sy vrou Margarien gaan kuier vir sy swaer
Spoggerix in Lutecia. Allamapstix en Spoggerix kan egter nie help
om te wedywer nie en dit loop uit op 'n uitnodiging van
Allamapstix: Spoggerix kan 'n bredie wat gekrui is met lourierblare
uit Caesar se lourierkrans by hulle kom eet! Dit beteken Asterix en
Obelix moet Rome toe om die lourierblare te gaan kry. In Rome
verkoop hulle hulself as slawe om naby aan Caesar te kom. Sal hulle
met die slaaf Copineenmus kan ooreenkom om die lourierkrans met 'n
vinkelkrans te ruil?.
Julius Caesar wend hom tot sielkundige oorlogvoering ... Ignasius
Vullus, die Romeinse agent, maak moeilikheid en onder die Galliers
en probeer hulle beinvloed om mekaar van verraad te verdink. Het
Asterix regtig die geheim van die towerdrankie aan die Romeine
verkoop? Sal Asterix, Obelix en Kasterolix die glibberige Ignasius
Vullus kan uitoorle en vrede in die dorpie herstel? Asterix en die
groot moles is die 15de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Die Galliese stamhoof, Tweegesix, vra vir Allamapstix om sy
koperpot vol geld te bewaar en uit die Romeine se hande te hou.
Asterix hou wag by die pot, maar dit en die geld word gesteel.
Asterix en Obelix moet nou maniere vind om geld in te bring sodat
hulle die skade aan Tweegesix kan terugbetaal. Hulle doen enigiets:
neem deel aan gladiatorkompetisies, is akteurs in ’n
teaterproduksie en beroof selfs ’n bank! Sal hulle die geld kan
terugbetaal en uitvind wie sit eintlik agter die kroekspul? Asterix
en die koperpot is die 13de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Die atlete van die antieke wêreld kom in Athene bymekaar vir die Olimpiese Spele. Asterix en Obelix en die ander Galliërs skryf ook in, maar hulle beleef ’n terugslag: Die drink van towerdoepa is verbode, want dit is ’n opkikker. Kan die Galliërs die Olimpiese Spele wen sonder towerdoepa? En wat is die spesiale bestanddeel van die doepa wat staan in die hut waarvan die deur nie mooi sluit nie?
Asterix by die Olimpiese Spele is die 12de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Jare gelede is Vercingetorix by Alesia verslaan en Gallie is
amptelik oorwin...'n teer onderwerp waaroor die Alesiers (of sal
ons se Alesjiers) nie graag praat nie. Tydens hierdie oorwinning
het Vercingetorix sy skild aan Caesar se voete neergewerp
(letterlik), en sedertdien is dit nooit weer gesien nie...En word
dit dus 'n gesogte voorwerp waarna nie net Caesar nie, maar ook ons
Galliese helde soek. Hulle soektog neem hulle na interessante
plekke en elkeen het 'n storie om te vertel oor wat van die
beroemde skild geword het. Hul begin te wonder of hul ooit in die
regte hoop houtskool soek! Dalk is die skild nie so ver weg van
hulle soos hulle dink nie...
Julius Caesar is vasbeslote om Asterix-hulle se woud te ontbos en
te omskep in 'n moderne woonkompleks vir die Romeine met die naam
die speelplek van die Gode. Cosinus is die talentvolle jong argitek
wat die projek onderneem en hy dryf die slawe om die bome uit te
trek en te begin bou. Eers probeer Asterix-hulle die bouproses
verhinder, maar besef dat die slawe benadeel word. Die Speelplek
van die Gode word gebou en die Romeine trek in. Hoe gaan die
Galliers hul geliefde woud met wildevarke terugkry?
Daar is groot fout met Obelix! Hy eet net twee wildevarke op 'n
keer en dwaal rusteloos rond. Die druide sien 'n nuweling in die
Galliese dorpie en sit dadelik twee en twee bymekaar. Die
beeldskone Tierlantyn het kom kuier – en Obelix is dolverlief.
Ongelukkig is Tierlantyn reeds verloof, en baie hartseer, want haar
verloofde, Melodramatix, het as legioensoldaat in Afrika soek
geraak. Natuurlik bied ons helde, gebroke hart maar dapper gemoed,
die tog na Afrika aan om haar geliefde te red.
Britannie is in die mag van die Romeine, maar een dorpie bied nog
dapper weerstand. Hulle posisie is egter benard. Asterix en Obelix
is natuurlik gretig om te help en hulle reis met ’n vaatjie vol van
Kasterolix se brousel saam met Sturefax, 'n kleinneef van Asterix,
na Britannie. Hulle trotseer mis, reen, lou garsbier en gekookte
wildevark met kruisementsous. Ongelukkig verloor hulle die vat met
towerdoepa en dit is ’n stryd teen die Romeinse goewerneur Cosus
Oppiprimus oor wie eerste die vat in die hande gaan kry...
Olaf Grotentaf, die gevreesde leier van die Noormanne, ken geen
vrees nie. Daarom wil by 'n bangbroek leer wat vrees is, want hy
dink dit laat 'n mens vlieg. Hy en sy manne doen aan by die
Galliese kus en ontvoer vir Spiekerix, Allamapstix se kleinneef. Hy
moet hulle leer wat vrees is. Weer eens moet Asterix en Obelix
inspring om hul hoofman se nefie te red.
Die dapper Iberiers hou nog die fort teen Julias Caesar, net soos
Asterix en sy vriende. Maar wanneer die Romeine Grootcoq y Dores se
seun gevange neem, staan die Galliers reg om te help. Asterix en
Obelix kry vir Pepe uit die kloue van die Romeine en moet hom
Spanje toe neem. Langs die pad moet hulle egter teen ’n oeros
baklei en die nukke van die astrante Pepe trotseer ... Asterix in
Spanje is die 14de boek in die gewilde Asterix-reeks.
'n Ramp het Asterix en Obelix se Galliese dorpie getref:
Abrakadabrix, die druide, se goue sekel het gebreek. Sonder sy goue
sekel kan hy nie die jaarlikse druide-saamtrek bywoon nie – of
voelent oes vir die towerbrousel waarmee die Romeinse legioene
afgeweer moet word nie. Asterix en Obelix word afgevaardig om al
die pad Lutetia toe te reis om ’n nuwe sekel te gaan koop... maar
die paadjie daarheen loop natuurlik nie sonder avontuurlike
kronkels nie.
Positive thinking has invaded our favorite Gaulish village. And Asterix is positive it's because the Romans are up to no good! Will poetic language and optimism be enough to defeat our heroes Asterix, Obelix, and their magic potion?
Die Galliese hoofman Disvimygrix omhels die Romeinse kultuur met
groot entoesiasme. Die Romeine sien dit as ’n gulde geleentheid en
plant by hom ’n idee: Hulle vra hom om die Galliese hoofman
Allamapstix uit te daag tot ’n stamhoofgeveg. Die hoofman wat wen,
neem beheer oor die ander stam. Gewoonlik sou Disvimygrix nie waag
om Allamapstix uit te daag nie, maar die druide, Kasterolix, is
buite aksie. Obelix het hom raakgegooi met ’n menhir. Nou kan
Kasterolix nie onthou hoe om die towerbrousel te maak wat hulle
onoorwinlik maak nie. Daar is ’n groot kans dat Disvimygrix die
groot stamhoofgeveg sal wen en beheer van Asterix se stam sal
neem...
Dit is die jaar 50 voor Christus. Gallie is geheel en al in
Romeinse besit… Geheel en al? Nee! Een dorpie vol ontembare
Galliers bied hardnekkig weerstand teen die invaller ... en maak
die lewe moeilik vir die Romeinse legioensoldate wat laer trek in
die vestingkampe Skinkirum, Aquarium, Hiersitwarum en Casarum...
Die sesde boek in die gewilde Asterix-reeks, wat groot en klein
wereldwyd bekoor. Caesar beskuldig Cleopatra daarvan daar haar volk
agteruitgegaan het. Cleopatra is woedend, en beveel dadelik haar
beste argitek om binne drie maande 'n spoggerige nuwe paleis vir
Caesar te bou. Om so 'n onmoontlike taak te verrig, benodig die
argitek dringend die hulp van Kasterolix en sy towerkuns.
Die vyfde boek in die gewilde Asterix-reeks, in 'n splinternuwe,
sprankelende Afrikaanse gedaante. Die Romeine rig ’n reuseheining
op om die klein Galliese dorpie waarin Asterix en Obelix woon, af
te kamp van die res van Gallie. Asterix gaan ’n weddenskap aan dat
hy en Obelix die ganse Gallie sal toer en delikatessen uit dorpe
sal saambring as bewys dat geen Romein hulle kan afsonder nie!
|
You may like...
ABC to VEG
Natasha Michaud
Hardcover
R514
Discovery Miles 5 140
|