![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 3 of 3 matches in All Departments
Wat het Jesus werklik gesê • Jy mag nie lag en die lewe geniet nie • As jy twyfel glo jy nie regtig nie • ʼn Man is ʼn vrou se baas • Jou besluite en keuses is jou probleem … Daar word baie keer verkeerdelik geglo of oorgedra wat hulle dink Jesus gesê het. Mense glo dan iets wat nie altyd waar is nie. In Dít het Jesus nooit gesê nie word feit en fiksie geskei. Daar word duidelik gesê wat die wêreld glo Jesus sê en wat Hy werklik gesê het.
Dit is nie altyd maklik om te ontsnap van die wereld en sy geraas nie. Maar in die rustige teenwoordigheid van God le die krag en seen wat ons wildste drome oortref. In Seisoene van seen plaas Andries Enslin die kollig op hierdie oomblikke saam met God. Met emas soos waarom stiltetyd belangrik is, seisoene in jou geestelike lewe en die seen van die Heilige Gees in jou lewe gee Andries leiding vir die kosbaarste tye tussen God en sy kinders. Seisoene van seen is in handige sakpas-formaat en sal lesers met die 366 kort en kragtige dagstukke weer in vreugde by hul Vader se voete laat sit.
In vandag se gejaagde lewe is dit belangriker as ooit om in pas te kom met Jesus. Andries Enslin en Tom Smith bespreek in 7 ritmes binne 7 dae hoe ons dit kan doen aan die hand van die volgende 7 ritmes: God is liefde: God se liefde is onbeperk en alles is moontlik omdat Hy ons liefhet. Daarom moet ons ander liefhe; God is beskikbaar: God is alomteenwoordig en ons moet inskakel by Hom en ander; God is die weg: Hy is die weg tot genesing en wil he ons moet in sy karakter groei; God is Koning: Hy verwag van ons om alles te gebruik om sy koninkryk uit te brei; God is drie-enig: Ons mag en kan ook nie alleen staan nie; God is lief vir die wereld: God red alle mense en is lief vir alle mense; God is kreatief: God is alomteenwoordig en alwetend – en Hy gebruik alles in ons lewe met ’n doel. 7 ritmes binne 7 dae is ideaal vir individue of kleingroepe en integreer Skrifuitleg met praktiese raad, oordenkings, besprekingsvrae en oefeninge. Hierdie boek, met sy wortels in die kykNET-program Die Woord, sal lesers inspireer om weer te besef God is oral en sy hartklop vir die wereld moet weergalm in ons.
|
You may like...
|