![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 4 of 4 matches in All Departments
Madagaskar is Ilana se volgende bestemming, waar sy foto’s van modelle gaan neem. Al wat sy nog moet afhandel, is ’n ontmoeting met die vlieenier van ’n privaat vliegtuig wat haar en een van die modelle soontoe sal neem. Dit is in hierdie stadium wat sy ’n onaangename verrassing in haar en haar verloofde se woonstel kry en die verlowing summier beeindig voor sy die vliegtuig haal. Maar die noodlot werk nie saam nie en Madagaskar is nie waar die ligte vliegtuig met Ilana, ’n model en die vlieenier neerstryk nie. Dit het verreikende gevolge ... Terug in Suid-Afrika het Ilana meer as net haar verbreekte verlowing om te hanteer. Ou beloftes, haar voog se verswakte gesondheid en ’n sameloop van omstandighede bring haar onder die besef dat sy nie anders kan as om die verlowing te heroorweeg nie. Die verwikkeling pas glad nie in by die gevoel wat sy en die vlieenier vir mekaar begin ontwikkel het nie maar dit lyk nie asof sy ’n keuse het nie. En so kom haar troudag al hoe nader terwyl haar hart huil oor ’n man wat haar hele lewe verander het. Ilana gaan blykbaar die onwillige verloofde bly wat byna van buite toekyk hoe haar toekomsdrome ineenstort.
Mia moet ’n artikel oor die kunsskatte van die Van der Bijl-familie skryf. Max van der Bijl is koud en berekenend, maar hy maak ook haar knieë lam. Liefde tussen hulle is egter taboe. Sou sy kom kies, verloën sy haar familie.
Ná emosionele geweld en die uitdaging van ʼn egskeiding, verander Andrea se lewe onomkeerbaar. Al die verwonding word in ʼn hofdokument vasgevang, maar sy kies om ʼn heel mens te word.
|
![]() ![]() You may like...
Democracy Works - Re-Wiring Politics To…
Greg Mills, Olusegun Obasanjo, …
Paperback
Called By The Wild - The Dogs Trained To…
Conraad de Rosner, Graham Spence, …
Paperback
|