|
Showing 1 - 3 of
3 matches in All Departments
Het jy geweet dat as jy cappuccino drink, daar 'n aap in jou koffie
is? Waarom staan 'n mens se strottehoof bekend as 'n adamsappel? Is
die dahlia regtig na die Sweedse plantkundige Anders Dahl vernoem
omdat die blomblare soos sy onversorgde baard en hare gelyk het?
Dié vrae het almal met eponieme te make: woorde wat gevorm is op
grond van mense of plekke se name. So is die dahlia, adamsappel en
cappuccino eponieme. In Die Aap in jou koffie beantwoord die
gewilde woordeboekmaker, Anton Prinsloo, ongeveer 2,000 van hierdie
soort vrae. Die skrywer se besondere humorsin maak dit 'n
andersoortige woordeboek – een wat 'n mens met 'n glimlag lees.
Hierdie splinternuwe boek deur dr. Anton F. Prinsloo beskryf hoe
die oorspronklike betekenisse van ongeveer 1 000 Afrikaanse woorde
metterjare so verander het dat die betekenisse wat ons vandag ken,
byna hoegenaamd nie sin maak nie. So byvoorbeeld het die woord
ambisie eeue gelede niks met ’n sterk strewe na sukses en
vooruitgang te doen gehad nie. As iemand in daardie eeue ambisie
gehad het, het die persoon soos ’n bedelaar van huis tot huis
geloop. En die betekenis van die Nederlandse dyk was toentertyd
allermins die van “hoe wal by die see om water uit te hou”. Die
woord het juis nie na die wal verwys nie, maar na die sloot wat
gegrawe is om grond te kry om die wal, wat die land teen die see
moes beskerm, mee te bou. As ons vandag van ’n kandidaat praat, sou
ons nie dink dat dit iemand is wat ’n verpligte wit rok sou moes
aanhe nie. Vandag is ’n wurm vir ons ’n klein, kruipende diertjie.
Toentertyd kon die woord na ’n maaier, slang, skerpioen of draak
verwys het. Die boek verskil van ’n tradisionele boek oor die
herkoms van woorde (die etimologie) deurdat dit net woorde behandel
waarvan die betekenis erg prettig (en skelm) deur die tyd
skeefgetrek is.
|
You may like...
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R383
R310
Discovery Miles 3 100
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.