![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments
Kanaän is die verhaal van twaalf families wat na 'n woestyntrek op die drumpel van hulle bestemming huiwer. Lê die land wat aan hulle belowe is dan nie oorkant hierdie laaste rivier nie? Dit is die aangrypende verhaal van die universele verlange na 'n ander lewe. Van die bykans onnaspeurbare onderskeid tussen geloof, bygeloof en brutale ongeloof. Dit word vertel deur die oë van Itamar, die onwillige hoëpriester, Ragab die prostituut en Josua die leier wat altyd wag op die Wolk.
100 jaar van genade. 100 jaar se getroue lesers. Uit die
Beek gee daaglikse geestelike leiding en inspirasie. Hierdie
feesuitgawe is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én
Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde
skrywer en predikant Barend Vos. In 2025 vertoef ons by elke Bybelboek,
terwyl ons steeds groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en
die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent in ag neem.
Die geliefde dominee Barend Vos se sketse oor die lewe van ’n predikant en sy gesin in ’n plattelandse gemeente het tot op hede in vyf bundels verskyn. Dié sketse verskyn die afgelope tien jaar elke maand in die tydskrif LIG, met illustrasies deur Fred Mouton. In Liefdegroete, Grootseun word ’n dertigtal van Vos se Grootseun-stukke wat die afgelope jare in Lig verskyn het, byeen gebring as keur van die meer as 100 wat sedert sy laaste versameling verskyn het. Elke rubriek word aangebied as ’n brief wat deur “Grootseun” geskryf word aan sy ouers. Die sketse het meestal ’n sterk humoristiese aanslag en gefokus op ’n plattelandse kerkgemeenskap waarvolgens “Grootseun” die Jongdominee van die gemeente is. Die ruimte is dus plattelands, kerklik en geskryf met ’n deernisvolle aanbod wat eie is aan Vos se skryfstyl.
Lesers van oraloor het besonder positief gereageer op Die vriendelike God, die Bybelse dagboek wat 'n jongdominee aan sy ouers gestuur het. Daarom is 'n verdere jaar se Bybelstudies van die groepie in "Jongdominee" se studeerkamer ook in 'n titel, Die vrolike God, saamgevat. Die vrolike God volg dieselfde patroon as sy voorganger en stel dieselfde God aan lesers voor - die Here wat sy kinders in sy arms optel, wat vriendelik na hulle toe afkyk terwyl Hy hulle dra. Ons, sy kinders, kyk op na Hom en sien hoe Hy na ons toe lag. Liefdevol, troostend, want Hy het alles in sy hande. Ook vir ons – bekommerde bondeltjies vol vrae en vrese. Die vrolike God is 'n titel wat lesers dag vir dag herinner aan die God wie se kinders nie vir Hom te swaar is om te dra nie.
Moses is a novel based on the great Biblical account of the Exodus of the Hebrews from the land of Egypt. The author manages to bring the Old Testament events and characters to life in a way that integrates Biblical narrative, historical reality and the psychological development of his main character, Moses. Moses is a fine exploration of the person of Moses. As the outward journey towards the Promised Land unfolds, so Moses' inner journey is laid bare. The inner journey brings as many challenges as the external escape from the Egyptians and the wandering through the desert. With its moments of darkness and confusion, despair and loss, as well as glimmers of hope and understanding, this is a process of slow, often painful and almost always paradoxical integration that eventually leads Moses to the heart of God.
|
You may like...
Vusi - Business & Life Lessons From a…
Vusi Thembekwayo
Paperback
(3)
Inquiry-Based Experiments in Chemistry
Valerie Ludwig Lechtanski
Hardcover
R954
Discovery Miles 9 540
Properties and Applications of Diamond
Eileen Wilks, John Wilks
Paperback
R1,240
Discovery Miles 12 400
|