![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 8 of 8 matches in All Departments
Uit die Beek gee al vir amper 100 jaar daaglikse geestelike leiding en inspirasie aan generasies van gelowiges, tog bly dit vars en relevant. Dit is steeds geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos. In 2023 sit ons ons poging voort om die Bybel in vier jaar deur te lees. Ons lees uit Levitikus, Deuteronomium, I en II Konings, ’n klompie Psalms en Spreuke, die eerste deel van Esegiël, asook Daniël, Obadja, Jona, Miga, Nahum, Habakuk en Sefanja. In die Nuwe Testament lees ons uit Lukas, Galasiërs, Kolossense, I en II Petrus en Judas. Groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent word in ag geneem.
Kanaän is die verhaal van twaalf families wat na 'n woestyntrek op die drumpel van hulle bestemming huiwer. Lê die land wat aan hulle belowe is dan nie oorkant hierdie laaste rivier nie? Dit is die aangrypende verhaal van die universele verlange na 'n ander lewe. Van die bykans onnaspeurbare onderskeid tussen geloof, bygeloof en brutale ongeloof. Dit word vertel deur die oë van Itamar, die onwillige hoëpriester, Ragab die prostituut en Josua die leier wat altyd wag op die Wolk.
100 jaar van genade. 100 jaar se getroue lesers. Uit die
Beek gee daaglikse geestelike leiding en inspirasie. Hierdie
feesuitgawe is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én
Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde
skrywer en predikant Barend Vos. In 2025 vertoef ons by elke Bybelboek,
terwyl ons steeds groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en
die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent in ag neem.
Die geliefde dominee Barend Vos se sketse oor die lewe van ’n predikant en sy gesin in ’n plattelandse gemeente het tot op hede in vyf bundels verskyn. Dié sketse verskyn die afgelope tien jaar elke maand in die tydskrif LIG, met illustrasies deur Fred Mouton. In Liefdegroete, Grootseun word ’n dertigtal van Vos se Grootseun-stukke wat die afgelope jare in Lig verskyn het, byeen gebring as keur van die meer as 100 wat sedert sy laaste versameling verskyn het. Elke rubriek word aangebied as ’n brief wat deur “Grootseun” geskryf word aan sy ouers. Die sketse het meestal ’n sterk humoristiese aanslag en gefokus op ’n plattelandse kerkgemeenskap waarvolgens “Grootseun” die Jongdominee van die gemeente is. Die ruimte is dus plattelands, kerklik en geskryf met ’n deernisvolle aanbod wat eie is aan Vos se skryfstyl.
Uit die Beek 2021 lui ’n nuwe reeks van hierdie klassieke Bybeldagboek in. Die oogmerk is om die Bybel binne die volgende klompie jare deur te lees. Vanjaar verskyn Uit die Beek weer uit die pen van die skrywer Barend Vos en soos altyd poog ons om die Bybel op ’n verantwoordelike manier te lees. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Maar mag die Gees van God ons help om God se arms om ons te voel.
Vanjaar verskyn die klassieke Uit die Beek weer uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.
Lesers van oraloor het besonder positief gereageer op Die vriendelike God, die Bybelse dagboek wat 'n jongdominee aan sy ouers gestuur het. Daarom is 'n verdere jaar se Bybelstudies van die groepie in "Jongdominee" se studeerkamer ook in 'n titel, Die vrolike God, saamgevat. Die vrolike God volg dieselfde patroon as sy voorganger en stel dieselfde God aan lesers voor - die Here wat sy kinders in sy arms optel, wat vriendelik na hulle toe afkyk terwyl Hy hulle dra. Ons, sy kinders, kyk op na Hom en sien hoe Hy na ons toe lag. Liefdevol, troostend, want Hy het alles in sy hande. Ook vir ons – bekommerde bondeltjies vol vrae en vrese. Die vrolike God is 'n titel wat lesers dag vir dag herinner aan die God wie se kinders nie vir Hom te swaar is om te dra nie.
Moses is a novel based on the great Biblical account of the Exodus of the Hebrews from the land of Egypt. The author manages to bring the Old Testament events and characters to life in a way that integrates Biblical narrative, historical reality and the psychological development of his main character, Moses. Moses is a fine exploration of the person of Moses. As the outward journey towards the Promised Land unfolds, so Moses' inner journey is laid bare. The inner journey brings as many challenges as the external escape from the Egyptians and the wandering through the desert. With its moments of darkness and confusion, despair and loss, as well as glimmers of hope and understanding, this is a process of slow, often painful and almost always paradoxical integration that eventually leads Moses to the heart of God.
|
You may like...
Extremisms In Africa
Alain Tschudin, Stephen Buchanan-Clarke, …
Paperback
(1)
Studies in Crime - An Introduction to…
Carol Heron, John Hunter, …
Hardcover
R4,488
Discovery Miles 44 880
|