0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (5)
  • R100 - R250 (1)
  • R250 - R500 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 8 of 8 matches in All Departments

Kringloop (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Kringloop (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Reine Duvenage, ’n tweedejaar kunsstudent en finalis in die universiteit se debutantekompetisie, trek die aandag van ’n sluipjagter wat jong vrouens teiken. Sy oorleef ’n wreedaardige aanranding, maar hou emosionele en fisieke letsels oor. Pieter Taljaard, die speurder wat die saak moet oplos, se ondersoek lei hom na verskeie mans met wie sy in kontak was.

Gedurende haar herstelproses kwalifiseer Reine deur afstandonderrig as onderwyser. Sy aanvaar as Renette Mouton ʼn pos by ’n plattelandse hoërskool in die laeveld omdat die jagter steeds bedrywig is ná twee jaar.

Haar poging om anoniem te bly en nie weer ’n slagoffer te word nie, word bemoeilik toe mans uit haar verlede onverwags in die dorp opdaag en die sluipjagter haar opnuut begin treiter. Onseker oor die identiteit van die sluipjagter wantrou sy almal, ook Charl de Jongh, die finale jaar kliniese assistent wat haar behandel het, Jacques Ritsen, die verteenwoordiger van Frey Skoonheidshuis wat haar geborg het, Francois Booyens en Carlo von Brandis van Erasmus Foto-ateljee wat haar foto’s geneem het, en die ontwerper, Giorgio van Jolie Mam’selle Boetiek wat haar rok ontwerp het vir die debutantebal. Selfs Stefan Treurnicht, die blinde klavierstemmer lyk vir haar verdag.

Ondanks die teenwoordigheid van haar troue waghond beland sy weer in die sluipjagter se strik. Kan Pieter Taljaard die leidrade betyds ontrafel om ’n moord te voorkom?

Rooigety (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Rooigety (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe ver sal jy gaan om jou kind te beskerm?

Inwoners van Makulu Manzi het skaars herstel van die kinderpornografieskandaal wat die dorp vroeër die jaar getref het. Nou is daar gerugte van moetiemoorde en ekstremistiese groepe wat kinders werf vir selfmoordbomaanvalle. Die plaaslike skool stuur rebelse tieners na regrukkampe, en selfs georganiseerde bloedskenking word met agterdog bejeën.

Wanneer Daleen Boshoff se dogter tydens ’n uitstappie op die lyk van ’n tienerseun afkom, ruk dit die fondament onder hul uit. Is dit inderdaad moord vir moetie? Of hou die vermiste kinders verband met die bomaanvalle teen die kus van Afrika?

Rooigety is die opvolg van Dooiegety (2019).

Dooiegety (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Dooiegety (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Geliefde inwoner van ʼn kusdorpie sterf in verdagte omstandighede. Haar vriendin Daleen soek na antwoorde maar ontdek net meer raaisels. Kriptiese waarskuwings en haar dogter se verdwyning suggereer ’n verband tussen die moord en vroeëre tienerverdwynings.

Die Willewragtig Langsaan (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Die Willewragtig Langsaan (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) In Stock

Ná die trauma van ʼn onstabiele verhouding bedank Laynie as onderwyseres en verkoop haar woonstel. Sy gebruik ʼn deel van die opbrengs om ʼn lang vakansie te neem op Klippiesbaai waar sy ʼn krimi wil skryf.

Met haar aankoms kruis haar paaie met haar buurman, Stefan Koeglenberg. Die stormagtige ontmoeting tussen Laynie en Stefan is nie die ideale afskop vir goeie buurmanskap nie en in Laynie se gedagtes is hy ná hierdie voorval “die willewragtig langsaan”.

ʼn Wapenstilstand en versigtige vriendskap ontwikkel tussen hulle, maar Stefan sukkel om die dood van sy vrou en hul seuntjie te verwerk en sluit sy hart vir ʼn kans op nuwe geluk. Die liefde loop egter sy eie pad en het die vermoë om selfs die diepste seer te genees.

Frieke Se Beskermengel (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Frieke Se Beskermengel (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) In Stock

Ná haar verloofde se kapingsdood worstel Frieke met skuldgevoelens. Sy soek troos by haar stiefbroer wat as argeoloog in Italië werk.

Op haar ontdekkingsreis tussen Middeleeuse geboue vind sy vertroosting en heling, en die kosbaarste skat: ware liefde.

Djin In 'n Koffiekan (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Djin In 'n Koffiekan (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Clea Cilliers, student en entrepreneur, wag nie vir ’n djin in ’n lamp om haar wense te bewaarheid nie. Sy gebruik haar erfgeld om ’n baristafiets en koffiepitte te koop sodat sy aan haar oorbeskermende broers kan bewys sy kan op haar eie voete staan. Bedags is sy barista by haar koffiestasie in die middestad sodat sy saans lesings kan bywoon vir haar BA-graad.

Pierre Grundling se besigheidsaanbod wat die geleentheid insluit om ’n agtiende-eeuse dagboek in Afrikaans te vertaal, verander alles. Haar lewe raak so vervleg met die avonture van die dagboekskrywer en die ontstaan van die koffiekultuur, dat sy begin vermoed dat koffie dalk wel ’n towerdrankie is.

Lemoenbloeisels vir Alma (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Lemoenbloeisels vir Alma (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Ná ’n bedrogskandaal, vernederende televisie-onderhoud en egskeiding, vlug Alma Roux die natuur in en word ’n veldgids.

Op Thabayengwe, waar sy ’n trop olifante help rehabiliteer, voel dit net of sy haar voete weer vind toe Beyers Gunther opdaag. Hy is die man wat haar voor duisende televisiekykers verneder het en nou kom verfilm hy haar olifantprojek.

Dan daag Alma se eksman boonop op en skielik is haar lewe in gevaar. Gaan sy die krisis kan ontlont en sal die volle waarheid oor Beyers uitkom?

'n Ridder Vir Ameli (Paperback): Bets Smith 'n Ridder Vir Ameli (Paperback)
Bets Smith 1
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Vlak vyf van grendeltyd vang Améli de Klerk onkant. Sy bevind haarself ingeperk in ’n dakwoonstel in die middestad met kunsvoorraad wat boomskraap is en vinnig krimp. Alleen met haar kat, beklem die verlate stadstrate haar totdat sy ’n onverwagse ontsnappingsroete ontdek na ’n ander wêreld waar sy haar droomheld ontmoet. Maar kan die droomman die werklikheid oorleef?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Clare - The Killing Of A Gentle Activist
Christopher Clark Paperback R410 R49 Discovery Miles 490
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Cable Guys Controller and Smartphone…
R399 R359 Discovery Miles 3 590
Elecstor 18W In-Line UPS (Black)
R999 R869 Discovery Miles 8 690
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Lucky Lubricating Clipper Oil (100ml)
R49 R30 Discovery Miles 300
Bettaway Mega C1000 Fizzi Effervescent…
R62 Discovery Miles 620
Guardians Of The Galaxy: Awesome Mix…
Various Artists CD  (2)
R229 R99 Discovery Miles 990
The Papery A5 MOM 2025 Diary - Dragonfly
R349 R324 Discovery Miles 3 240
Morbius
Jared Leto, Matt Smith, … DVD R179 Discovery Miles 1 790

 

Partners