Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 6 of 6 matches in All Departments
Hierdie keur bevat drie lekkerlees liefdesverhale deur Christine le Roux: ’n Wêreld sonder hom, ’n Kwessie van tegniek en Bewys van liefde.
In Die honger hart moet Julia Naude haar peetpa se ongewone voorwaarde behou om die plaas, wat sy saam met die plaasbestuurder geerf het, te beskerm. In Deel van die pakket staan Gita van Duinen op die drumpel van ’n nuwe lewe, maar meer veranderinge le voor. In Verskuilde liefde, keer dr. Edmund Wiese terug uit die buiteland. Hy moet vrede maak met die lee kol wat sy broer, Fanie, agtergelaat het. En drie weke later maak hy ’n onverwagse ontdekking wat sy prioriteite verander.
Keur 10 van dié gewilde liefdesverhaalskrywer sluit drie
bekoorlike verhale in: Die glasappel is ’n heerlike roman
waarin humor en eksentrisiteit sjarmant verweef is.
Christine le Roux Keur 8 bevat drie immergroen liefdesverhale. In Geskenk Uit Die Hemel leer die suksesvolle sakeman Pieter Louw vir Maja ken nadat hy haar per ongeluk raak ry. Só begin ’n voorlopige verblyfreëling wat tot talle onmoontlike en baie snaakse situasies lei. In Die Lente Kom Weer moet Frans Fourie aan ’n nuwe sekretaresse gewoond raak. Kristien is ’n uitstekende plaasvervanger, maar hoekom is hy teleurgesteld oor haar koel en onbetrokke houding? En in Kosbaar Soos Die Lewe bedank Elizabeth Benade haar werk by ’n rekenaarfirma en gaan werk vir die moeilike dokter Richard Nel. Dis nie lank voor Elizabeth betrokke raak by dié dokter en sy seun se lewe nie.
Christine le Roux Omnibus 8 bevat drie heerlike liefdesverhale. In Tweede beste het Nicolette se plan om vir Jack jaloers te maak onvoorsiene gevolge. In Die uitkenningsparade bied Karlien aan om vir Steven Joubert te help vrou soek. En in Verlore dekade kruis Alexandra se paaie weer met die van Ryno, die man wat sy al tien jaar lank probeer vergeet.
|
You may like...
|