![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments
Ná ’n storm spoel ’n kleutermeisie op die Olifantsrivier se oewer uit.
Wie is klein Ellie, hoe het sy in die rivier beland, en waarom soek ’n
Romeense bendebaas na haar?
In hierdie nuwe roman deur Connie Luyt, skrywer van Lang skaduwees in Afrika, is dit weereens die menslikheid en warmte van die vertellerstem wat mens opval. ’n Liefdesverhaal wat die nadraai van die Grensoorlog in mense se lewens en die skaduwereld van militere intelligensie ondersoek. Ben dra nog swaar aan sy ervarings tydens die grensoorlog. Hy glo hy en Alexa het die perfekte verhouding: Sy vra geen vrae oor sy verlede nie en hy vra ook nie oor hare nie. Dan daag ’n ou weermagkennis van Ben op en Alexa verdwyn sonder waarskuwing.
In hierdie tweede, roman, keer Connie Luyt terug na Oos-Afrika. Gretchen Schmidt besoek die Serengeti om die man te sien wat indirek verantwoordelik was vir haar dogter se dood. Maar sy vlug ook van haar verlede in die Stasi-beheerde Oos-Berlyn. Haar Afrikaner-oupa het eens op die Serengeti-vlakte geboer, en sy hoop om hier antwoorde en berusting te vind.
Dit is die romantiese liefdesverhale van 'n ouma, ma en kleindogter. Die roman begin in 1903, toe (ouma) Francine saam met ander Afrikaners na die Anglo-Boereoorlog na Kenia getrek het - 'n fassinerende tydperk waaroor daar verbasend min fiksie in Afrikaans verskyn het. Haar dogter Maia beleef die swierige koloniale Kenia sowel as die afgryse van die Mau-Mau-moorde, en keer terug na Suid-Afrika. Die laaste reis is die van die kleindogter Christine na hulle eertydse plaas Tene-na-Tene in Kenia. Wat sy hier vind, is nie waarna sy gaan soek het of trouens in haar wildste drome verwag het nie. Die Swahili-woord "Tene-na-Tene" beteken immers "vir ewig en ewig".
Toe Elfrieda ná ʼn lang koma uiteindelik haar oë oopmaak, is haar kop leeg. Sy is in ’n Durbanse hospitaal nadat sy voor ’n motor ingehardloop het en die angs pak haar wanneer sy besef sy kan níks van haar verlede onthou nie. ’n Terloopse opmerking deur Michael, die neuropsigiater wat na haar omsien, bring ’n flits herinnering: Voor haar sien sy ’n vaalgroen boekie oor die lewe van die ontdekkingsreisiger David Livingstone se vrou, Mary. Met behulp van Michael begin Elfrieda stadig die legkaartstukkies van haar geheue aanmekaar sit. Maar soos haar grootwordjare voor haar begin oopspoel, bring die onthou ook hartseer: soos die herlewing van die tragedie van haar pa se ongeluk tydens ʼn vakansie by die see en haar ma se kille verwyt en woede daarna. Terwyl Elfrieda ’n pad stap – verby die verskrikking van vergeet en die ontsetting van onthou – neem die verhaal van Mary Livingstone vorm aan: van haar grootwordjare op Kuruman in die Noord-Kaap, tot kinders grootmaak in die wildernis van Betsjoeanaland. En deur dit als: David se oorrompelende reisdrif wat hom ’n koers laat inslaan het na ’n plek waarheen sy gesin hom eindelik nie kon volg nie.
|
You may like...
Space and Sculpture in the Classic Maya…
Alexander Parmington
Hardcover
R2,988
Discovery Miles 29 880
|