0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (1)
  • R250 - R500 (7)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 8 of 8 matches in All Departments

Die Binneland In - Nog Stories En Reise (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Die Binneland In - Nog Stories En Reise (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R330 R284 Discovery Miles 2 840 Save R46 (14%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Dana Snyman is volksbesit. Met Die binneland in verken dié geliefde skrywer ons land en sy mense vandag.

Dana reis landin, op soek na sekerheid en lig. Hy rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou en oom Bok Horn wat 'n leeu uitoorlê het.

In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraïne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde - en geloof.

Seun (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Seun (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R320 R235 Discovery Miles 2 350 Save R85 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervaringe in die 1980’s. Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ’n gewese bediendekamer in Pretoria. Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word ’n seun ’n man? Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue.

In Die Tyd Van Die Gif - 'n Jaar En 'n Half In Stories (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman In Die Tyd Van Die Gif - 'n Jaar En 'n Half In Stories (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die geliefde skrywer Dana Snyman deel sy waarnemings en belewenisse van die vreemdste tye wat ons nog beleef het: Die boek begin triomfantelik met die Springbokke wat die Rugbywêreldbeker wen, en toegejuig word tydens optogte deur die hoofstede van ons land. Maar baie vinnig verander alles. Die koronavirus slaan toe, en die hele wêreld word onderstebo gekeer. “Dinge is anders nou, meneer, in die tyd van die gif,” soos ’n ou oom by die plaaslike kafee vir Dana vertel.

Dana beskryf die eerste veertig dae van die eerste inperking; dan ry hy trein om sy sterwende vriend in Gauteng te gaan groet. Hy skryf oor die treinrit, en ook oor die treine wat nie meer ry nie. Laastens praat hy met die mense wat die grootste gevaar loop ter wille van ander – die dokters en verpleegsters wat die siekes versorg. Dan kry hy self ook Covid19.

Dana se kenmerkende fyn waarneming maak In Die Tyd Van Die Gif ’n leesmoet. Daar is pyn en verlies, maar ook geloof en hoop. Dit alles met ’n goeie skeut humor.

Soekmekaar (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Soekmekaar (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days

’n Stuk of 50 stories waarin Dana Snyman besin oor enigiets van fopnuus tot ’n 40ste skoolreünie. Hy vertel van sy kennismaking met Eugène Terre’Blanche en van die Bogosi-gesin wat by hom op Jacobsbaai gewoon het. Hy vertel hoe mense na mekaar probeer uitreik in die land. Hoe ons mekaar soek en nie altyd vind nie. Ten slotte vertel hy van sy verloofde se selfdood en hoe hy daarná byna al sy besittings weggee en die pad vat.

Op pad: 'n Reisjoernaal (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Op pad: 'n Reisjoernaal (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman 1
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Dana Snyman sien dinge op sy eiesoortige, aweregse manier. In deel een is hy op pad saam met die TV-span van Op pad met Dana. Soos hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook sy eie innerlike reis. Hy kom huistoe met 'n optelhond -- en met 'n nuwe manier van kyk. In deel twee kyk hy rugby. In kroee, township-huisies, saam met oom Frik du Preez en Joost van der Westhuizen. Snaaks, skerp en onthutsend eerlik.

In die blou kamp (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman In die blou kamp (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman 3
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In sy nuutste boek het Dana van sy ware ontmoetings geboekstaaf – ontmoetings met mense, maar soms ook met dinge – die vleispastei, of tuisgemaakte braai-apparate. Die stories het hy aanvanklik op Facebook gepos. Die wat die grootste reaksie gekry het is hierin verwerk. 'n Ware interaktiewe Suid-Afrikaanse boek.

Onder Die Radar - Stories Uit Ons Land (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Onder Die Radar - Stories Uit Ons Land (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In Dana se nuwe bundel vertel hy die stories van ons land se mense, die gewone mense, mense wat sommerso onder die radar leef... Eg, warm en gevul met deernis, soos ons Dana leer ken en leer liefkry het. Hy skryf met groot nederigheid en respek oor die mense wat andersinds ongesiens lewe en in die proses verryk en verruim hy ons. Boonop is hy dikwels skreeusnaaks.

Op Die Agterpaaie (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Op Die Agterpaaie (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Dana Snyman, seker Suid-Afrika se gunstelingreisskrywer, beskryf sy eie lewensreis en die ongebaande wee waarop hy hom al begeef het.

Dana soek na die ware Weskus, kuier by die Karoo se karretjiesmense, jaag pylreguit deur Boesmanland, sit in Lutzville se kroeg, en ry selfs' n Harley op Colesberg.

Uiteindelik gaan hy huis toe, in sy Valiant, en herkou aan die lesse van die langpad. Heerlik vermaaklik, dog diep menslik.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Philips TAUE101 Wired In-Ear Headphones…
R199 R129 Discovery Miles 1 290
Ab Wheel
R209 R149 Discovery Miles 1 490
Snappy Tritan Bottle (1.5L)(Coral)
R229 R180 Discovery Miles 1 800
Alva 3-Panel Infrared Radiant Indoor Gas…
R1,499 R1,199 Discovery Miles 11 990
Southpaw
Jake Gyllenhaal, Forest Whitaker, … DVD R99 R24 Discovery Miles 240
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Casio LW-200-7AV Watch with 10-Year…
R999 R884 Discovery Miles 8 840
Sudocrem Skin & Baby Care Barrier Cream…
R128 Discovery Miles 1 280
Summit Mini Plastic Soccer Goal Posts
R658 Discovery Miles 6 580

 

Partners