0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (2)
  • R250 - R500 (3)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 6 of 6 matches in All Departments

N.P. Van Wyk Louw - Versamelde Dramas (Afrikaans, Hardcover): N. P. van Wyk Louw N.P. Van Wyk Louw - Versamelde Dramas (Afrikaans, Hardcover)
N. P. van Wyk Louw; Edited by Deborah Steinmair, Kristel de Weerd
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R685 Discovery Miles 6 850 Ships in 2 - 4 working days

Vir die eerste keer ooit word al die dramas, hoorspele en die libretto van N.P. Van Wyk Louw in ’n versamelbundel uitgegee, met ’n voorwoord deur prof. Chris van der Merwe.

Van der Merwe sê: “Met die herlees van die dramas, hoorspele, koorspel en libretto van N. P. van Wyk Louw het dit my opgeval hoe dikwels hulle ʼn gesprek met mekaar voer. Soortgelyke temas word herhaaldelik uitgebeeld; die tekste sluit by mekaar aan, komplementeer mekaar, spreek mekaar soms teen. Dikwels kom die temas wat Louw in sy essays bespreek het of in sy poësie tot uiting gebring het, ook in die karakterisering en die intriges van die dramas na vore. Dit is opmerklik dat die denke van Louw nooit stagneer nie; steeds is daar tekens van ʼn voortgaande worsteling en vernuwing. Die indiwiduele dramas, in die groter konteks van sy oeuvre gelees, laat ʼn fassinerende skrywerspersoonlikheid na vore kom."

Die Ritme van die Reen (Afrikaans, Hardcover): Grahame Baker-Smith Die Ritme van die Reen (Afrikaans, Hardcover)
Grahame Baker-Smith; Illustrated by Grahame Baker-Smith; Translated by Deborah Steinmair
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R217 Discovery Miles 2 170 Ships in 2 - 4 working days
Moestas (Afrikaans, Paperback): Deborah Steinmair Moestas (Afrikaans, Paperback)
Deborah Steinmair
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R133 Discovery Miles 1 330 Ships in 2 - 4 working days

Moestas volg op Deborah Steinmair se twee vorige raaiselromans, Die neus (2012) en Wenkbrou (2013). Aga, Jesse, Claude en Stasi is weer aan die stuur: hierdie keer is die kwessie kindermolestering, en ons sien Stasi as beskermengel en speurder in volle vaart. Die geheimsinnige Daantjie Pieterse maak sy verskyning as die charismatiese charlatan-prediker Danny Peter, verbonde aan die Bleeding Heart of the Lamb Ministries. 'n Ontstellende hoofstuk uit Claude se kindertyd word onthul, wat sy meisie, Stasi, en hul twee beste vriendinne, Aga en Jesse, op Pieterse se spoor sit. Pieterse se liggaam word in reistasse ontdek – maar wie is vir die grusame moord verantwoordelik? 'n Spanningsvolle verhaal met deernis en humor geskryf.

As Jy Van Moord Droom (Afrikaans, Paperback): Deborah Steinmair As Jy Van Moord Droom (Afrikaans, Paperback)
Deborah Steinmair
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wat maak ʼn ma as haar sesjarige kind ontvoer word en 20 jaar later weer verskyn?

Erin se dogter wat op ses verdwyn het, klop 20 jaar later aan haar deur. Maryna praat vlotter Chinees as Afrikaans, sy is grotesk, het ’n daggagewoonte, is stuurs en stil.

Erin is nie ’n emosionele mens nie, haar greep op die werklikheid is glibberig en sy praat moeilik oor haar gevoelens. Sy is obsessief oor die man wat haar verlaat het en die jeugvriend wat steeds na haar hunker. Hoe gemaak met die kuiken wat onder haar vlerk uit gesteel is, wat deur vreemdelinge hanteer is sodat sy haar reuk nie meer eien nie, wat grootgeword en tuisgekom het om te broei?

Wie lê op loer na haar kind? As jy van moord droom voel dit dikwels asof jy in ’n parallelle werklikheid inderdaad gemoor het; jy word met ’n knaende skuldgevoel wakker en wonder waartoe jy regtig in staat is.

Erin het haarself beskou as iemand aan wie moederinstink ontbreek, maar toe haar kind verdwyn het, het haar lewe alle betekenis verloor. Nou is Maryna terug, maar hoe dring sy tot hierdie woedende vreemdeling deur?

En wat sal sy doen om haar dié keer te beskerm?

Hier is ’n karaktergedrewe blitsblaaier vol noir en stokou raaisels.

Die Neus - 'n Raaiselroman (Paperback): Deborah Steinmair Die Neus - 'n Raaiselroman (Paperback)
Deborah Steinmair
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R278 Discovery Miles 2 780 Ships in 2 - 4 working days

’n Verbeeldingryke speurroman of ’n swart komedie; hoe mens dit ook al lees, hierdie verhaal met sy fantasmagoriese oomblikke beweeg teen ’n vaart wat lesers sal meesleur en vermaak. Die eksentrieke hoofkarakter met die haakneus, Agathe Gruber, het uitsonderlike psigiese opspoorgawes maar sy is nogal menssku. Gelukkig word die dinamiese, charismatiese eks-sanger Jesse haar bondgenoot.

Die ontrafeling van die moord op Aga se ma, Rosalie Schwarzbraun, en op die olfaktoriese wetenskaplike Boas Birkenbaum, haar biologiese pa, geskied boonop met die hulp van Claude, die rowwejack mechanic-buurman wat nooit op sy mond geval is nie. Die intrige spin vinnig ‘n web wat selfs die Chinese Mafia insluit en beweeg van ’n klein Vrystaatse dorpie na Pretoria. Ongewoon en boeiend.

Wenkbrou (Paperback): Deborah Steinmair Wenkbrou (Paperback)
Deborah Steinmair
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R263 Discovery Miles 2 630 Ships in 2 - 4 working days

In hierdie roman betree die leser weer saam met die eksentrieke Aga en Jesse (met wie ons in Die neus kennis gemaak het) ’n vreemde wereld, die van die amper Amish-agtige sekte in die Oos-Vrystaat. Wanneer Jesse verneem dat die kleinseun van moeder Motle, hoof van die Susters en lewenslange vriendin van haar ouma, vermis en vermoedelik vermoor is, besluit sy en Aga om daar te gaan ondersoek instel. Hulle maak kennis met die groep nonne en die patriargale Volgelinge wat leef volgens die ouderwetse geskrifte van hul menslike Herder. En, soos mens kan verwag by hierdie skrywer se unieke, heerlike vorm van speurverhaal, is dit nie lank voor hulle ’n rits rare, fantastiese ervarings beleef nie. Hulle word weer eens bygestaan deur deur die rowwejack dude, Claude. Die slag met die verdere hulp van sy nuwe vriendin, die wit sangoma Stasi Soldatos. Satiries, lig, vars. “’n Vaardige skrywer met ’n goeie oog, ’n heerlike sin vir humor en fyn taalhantering.” – Hettie Scholtz.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Works of John Taylor, the Water Poet…
John Taylor Paperback R536 Discovery Miles 5 360
The Plays and Poems of William…
William Shakespeare Paperback R607 Discovery Miles 6 070
The Works of William Shakespeare
William Shakespeare Paperback R714 Discovery Miles 7 140
Shakespeare's Scholar - Being Historical…
Richard Grant White Paperback R678 Discovery Miles 6 780
Shakespeare's History of King Henry the…
William Shakespeare Paperback R501 Discovery Miles 5 010
Shakespeare's History of King Henry the…
William Shakespeare Hardcover R821 Discovery Miles 8 210
The Text of Shakespeare Vindicated from…
Samuel Weller Singer Paperback R537 Discovery Miles 5 370
The Plays and Poems of William…
William Shakespeare Paperback R639 Discovery Miles 6 390
The Works of William Shakspeare - the…
William Shakespeare Paperback R711 Discovery Miles 7 110
The Works of William Shakespeare - the…
William Shakespeare Paperback R746 Discovery Miles 7 460

 

Partners