|
Showing 1 - 7 of
7 matches in All Departments
Now in a board book edition With warmth and humor, Archbishop Tutu
distills his philosophy of unity and forgiveness for the very
young."
"Archbishop Desmond Tutu has a vision of God's dream. It involves
people who hold one another's hands, but sometimes get angry and
hurt one another -- then say they're sorry and forgive. It's a wish
that everyone will see that they are brothers and sisters, no
matter their way of speaking to God, no matter the size of their
nose or the sha de of their skin. Aided by vibrant artwork, Tutu
conveys the essence of his "ubuntu" philosophy, a wisdom so clear
and crystalline that even the smallest child can understand
Die Nobel Vredespryswenner, Desmond Tutu, reik in hierdie boek, met
sy inspirerende boodskap van liefde en vergifnis, in warm en
eenvoudige woorde na kinders dwarsoor die wereld uit "Liewe kind
van God, waaroor droom jy in jou mooiste drome? Droom jy dat jy
vlieg: hoog oor reenboe wat dwarsoor die hemel span?" Aartsbiskop
Desmond Tutu het die Nobelprys vir Vrede in 1984 ontvang vir sy
lewenslange toewyding aan die stryd om gelykheid, geregtigheid en
vrede in sy geboorteland, Suid-Afrika, te bewerkstellig. Hy was ook
vanaf 1986 tot 1996 die aartsbiskop van Kaapstad, in Suid-Afrika.
In 1995 het die voormalige Suid-Afrikaanse president, Nelson
Mandela, hom gevra om die Waarheids- en Versoeningskommissie te
lei. Hierdie kommissie het 'n model geword vir nasionale versoening
en saambestaan. Aartsbiskop Tutu is tans die voorsitter van die
Elders, 'n internasionale groep wereldleiers, vryheidsaktiviste en
voorstanders van menseregte wat die opdrag het om te help om
konflik te beeindig en wereldwye probleme op te los
(www.TheElders.org). Sy mees onlangse boek is: God Has a Dream: A
Vision of Hope for Our Time. Wereldwyd speel hy steeds 'n
belangrike rol as spreekbuis vir vrede en versoening. Die
aartsbiskop woon in Suid-Afrika saam met sy vrou Leah en hulle het
vier kinders en sewe kleinkinders. Douglas Carlton Abrams is
mede-outeur van aartsbiskop Desmond Tutu se boek God Has a Dream: A
Vision of Hope for Our Time. Die vele boeke uit sy pen is in meer
as twee dosyn tale vertaal. Hy is medestigter van die Idea
Architects, 'n ontwikkelingsagentskap vir boeke en media wat met
visionere outeurs saamwerk ter bevordering van 'n wyser, gesonder
en regverdiger wereld. Douglas Carlton Abrams woon saam met sy vrou
en hulle drie kinders in Kalifornie.
|
|