|
Showing 1 - 7 of
7 matches in All Departments
Klein Grillie Spinnekop gaan binnekort skool toe en hy borrel oor van opgewondenheid. Wat leer jy nou eintlik in 'n skool? Is dit lekker om te leer? En sal daar dan nog tyd vir speel ook wees?
'n Meevoerende prenteboekavontuur wat opgewondenheid oor die vooruitsig van skool toe gaan aanwakker.
Klein Grillie Spinnekop het baie maatjies en ’n groot familie. Hy
kan glad nie verstaan waarom mense bang is vir spinnekoppe nie.
Mamma, Pappa, Oom Langbeen, Tant Fiena, Spiere, Pikkie en al die
ander spinnekoppe is dan glad nie so grillerig nie! Hulle kuier
graag by mekaar, maak prentjies met hul spinnerakke, vertel
stories, speel speletjies of bou legkaarte. Speel jy saam? In
hierdie boek kan jy saam met Grillie en sy maatjies allerhande
dinge maak, prentjies inkleur en raaisels oplos.
Klein Grillie Spinnekop kan al sy eie web spin, net waar hy wil. Hy
reis deur die wereld en besoek elke dag ’n ander plaas. Daar is
soveel om te ontdek en te verken! Saam met sy maatjies beleef hy
spannende avonture. Hy speel wegkruipertjie saam met die kuikens,
ondersoek dierespore in die modder en vleg Paula die perd se
maanhare. Het jy lus om saam te speel? Gryp jou potlode en kom
kleur in, los raaisels op en raak kreatief saam met Klein Grillie
Spinnekop!
Klein Grillie Spinnekop is baie opgewonde, want hy gaan ver reis. Saam met Ouma Erna gaan jy vakansie hou by die see! Wat gaan hulle alles daar ontdek?
Leer saam met Grillie van die getye, seediere, hoë sandduine vorm en nog baie meer.
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.