Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 2 of 2 matches in All Departments
Op 'n eiland in 'n ou kliphuis woon 'n man. Elke dag wandel hy deur die inmekaargestrengelde paadjies, styl trappies en versteekte hoeke van sy betowerende tuin. Een oggend ontdek hy op sy gunstelingplek 'n onbekende plant wat hy nie in sy klassifiseringsgids kan vind nie. Hy besluit om alles waartoe hy in staat is in te span om haar te versorg. En toe sy een aand 'n blomknop kry, kom hy met allerhande idees vorendag om haar aan te moedig om oop te gaan. Maar niks wat die man kan doen laat die blom bloei nie ... tot een magiese volmaannag.
Daar was eendag... lank gelede, of miskien gister eers ... 'n legendariese berg. Niemand wat teen die berg uitgeklim het, was ooit weer soos voorheen nie. Gevolglik is almal in die land te bang om teen die berg uit te klim. Mense vermy dit selfs om naby die berg te kom. Ten spyte daarvan wil iemand opklim. Maar reeds aan die voet van die berg verwelkom 'n bordjie hom waarop geskryf staan: “Sien, as jy kan.” – Die man steek vas, maar gaan dan tog verder en begin om tree vir tree na die pad onder sy voete te kyk. Wat kan hy te wagte wees? Die Ruwe Berg is die gelykenis van ’n boekkunstenaar.
|
You may like...
|