|
|
Showing 1 - 4 of
4 matches in All Departments
’n Vreemdeling by ’n familiebegrafnis keer Kristie se lewe onderstebo.
Haar daaglikse take by die argiteksfirma beleef ook ’n wending: Erik is
’n moeilike kliёnt en ook die onweerstaanbare tipe. Toe Kristie se
werklikheid ineenstort, vlug sy na Phuket in Thailand. Maar die eiland
bring nie vir haar die gemoedsrus waarop sy gehoop het nie. Terwyl sy
van haar omgekeerde węreld probeer sin maak, begin een van die laaste
bastions in haar lewe wankel.
Lienke Botha: 23 jaar oud, hoof van Openbare Betrekkinge,
honneursgraad in Kommunikasiekunde, praat Xhosa vlot en is
rekenaarvaardig. Lienke Botha se sorgvrye lewe verander ingrypend
toe sy vir die eerste keer werklik haar hart verloor. Sy gee
haarself oor aan 'n allesoorheersende verliefdheid op die
aantreklike dokter Gerhard Deetlefs. Sonder om aan die gevolge te
dink, laat Lienke toe dat sy gelei word van die een verkeerde
besluit na die volgende. Teen die tyd wat haar 'regmaak' plan in
werking tree, is daar min oor van die gesonde verwysingsraamwerk
waarmee sy as plaaskind grootgeword het. Haar selfopgelegde pad na
vergifnis is besaai met uitdagings. Sy groei as nuutgebore mens,
maar haar diepgesetelde liefde vir Gerhard, wat haar uit haar lewe
verdwyn, bly onveranderd. Hoekom klou haar hart aan die krummels
van herinneringe wat nie genoeg was om Gerhard se liefde te behou
nie? Liefde vir Lienke is 'n geslaagde liefdesverhaal in die egte
klubroman-tradisie. Dit is van die begin af vol drama. Die leser
wonder heeltyd wat gaan gebeur. Situasies en die karakters se
gevoelens word realisties weergegee.
"As ek terugkom sal ek weer voorbeeldige Lize wees. Almal se
staatmaker. Ek glo dat U my die bietjie vryheid gun." Met hierdie
gebed roep Lize Lategan haar goeie Christelike opvoeding vaarwel.
Sy is op 'n vliegtuig onderweg na Engeland vir die werksgeleentheid
van haar lewe. Skaars een uur in die vreemde raak sy, jonk en
onervare, egter hals oor kop verlief op haar gasheer, die nimlike
Conrad Buckle. Sy het geen weerstand teen sy aanraking nie. Lize
kies 'n afdraaipad en swenk met elke nuwe ondeurdagte besluit
verder en verder weg van God en van die Lize wat sy eenmaal was. In
die euforiese maalkolk van begeerte sien sy nie die
waarskuwingstekens raak nie: Conrad bestel haar kos, kies haar
klere en neem beheer van elke aspek van haar lewe. Maar sy laat hom
begaan. Sy het hom mos lief. Totdat Conrad een aand sy hand vir
haar lig en Lize se lewe onherroepelik verander...Afdraaipad is
Elaine Marais se derde roman. Dit volg op haar debuutroman, Liefde
vir Lienke, en haar tweede roman, Koesterkind. Elaine Marais kan
beskou word as Suid-Afrika se eie Francine Rivers. Haar boeke is
gemik op vroue wat al die veersagte tinteling van die liefde ervaar
het, maar ook die wanhoop ken van onbeantwoorde liefde.
Elaine Marais se tweede Christelike roman, Koesterkind, handel oor
die wel en wee van 'n vrou wat gelouter word. Tina is 'n beeldskone
bedorwe brokkie, maar die status het gekom met 'n hoe prys. Sy moes
veg vir elke greintjie aandag van haar besige, onbetrokke ouers.
Met geen grense om haar in te perk nie, kies sy om haar te vergryp
aan die lewe se genietinge. Sy loop haar vas teen die gereg. Haar
vonnistydperk in die ongenaakbare wereld van 'n vrouegevangenis
word 'n tyd waarin sy haarself leer ken. Haar behoud is 'n
onverwagse vriendskapaanbod van Rosina, 'n rasta-vrou wat respek by
die vrouens in die tronk afdwing. 'n Aanslag op haar lewe en die
moeisame pad na herstel maak haar hart ontvanklik vir onbaatsugtige
liefde. Die liefde van haar medemens, die liefde van Marius wat
haar die geleentheid gee om op haar eie voete te staan en die
liefde van haar vervreemde ouers.
|
You may like...
Cow-Moo-Nity
Anne Weaver
Paperback
R236
R217
Discovery Miles 2 170
|