0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R0 - R50 (1)
  • R100 - R250 (3)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 4 of 4 matches in All Departments

Liefde vir Lienke (Afrikaans, Paperback): Elaine Marais Liefde vir Lienke (Afrikaans, Paperback)
Elaine Marais
R10 Discovery Miles 100 View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Lienke Botha: 23 jaar oud, hoof van Openbare Betrekkinge, honneursgraad in Kommunikasiekunde, praat Xhosa vlot en is rekenaarvaardig. Lienke Botha se sorgvrye lewe verander ingrypend toe sy vir die eerste keer werklik haar hart verloor. Sy gee haarself oor aan 'n allesoorheersende verliefdheid op die aantreklike dokter Gerhard Deetlefs. Sonder om aan die gevolge te dink, laat Lienke toe dat sy gelei word van die een verkeerde besluit na die volgende. Teen die tyd wat haar 'regmaak' plan in werking tree, is daar min oor van die gesonde verwysingsraamwerk waarmee sy as plaaskind grootgeword het. Haar selfopgelegde pad na vergifnis is besaai met uitdagings. Sy groei as nuutgebore mens, maar haar diepgesetelde liefde vir Gerhard, wat haar uit haar lewe verdwyn, bly onveranderd. Hoekom klou haar hart aan die krummels van herinneringe wat nie genoeg was om Gerhard se liefde te behou nie? Liefde vir Lienke is 'n geslaagde liefdesverhaal in die egte klubroman-tradisie. Dit is van die begin af vol drama. Die leser wonder heeltyd wat gaan gebeur. Situasies en die karakters se gevoelens word realisties weergegee.

'n Droomhuis vir Kristie (Afrikaans, Paperback): Elaine Marais 'n Droomhuis vir Kristie (Afrikaans, Paperback)
Elaine Marais
R295 R210 Discovery Miles 2 100 Save R85 (29%) In Stock

’n Vreemdeling by ’n familiebegrafnis keer Kristie se lewe onderstebo. Haar daaglikse take by die argiteksfirma beleef ook ’n wending: Erik is ’n moeilike kliёnt en ook die onweerstaanbare tipe. Toe Kristie se werklikheid ineenstort, vlug sy na Phuket in Thailand. Maar die eiland bring nie vir haar die gemoedsrus waarop sy gehoop het nie. Terwyl sy van haar omgekeerde wêreld probeer sin maak, begin een van die laaste bastions in haar lewe wankel.

Afdraaipad (Afrikaans, Paperback): Elaine Marais Afdraaipad (Afrikaans, Paperback)
Elaine Marais
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 6 working days

"As ek terugkom sal ek weer voorbeeldige Lize wees. Almal se staatmaker. Ek glo dat U my die bietjie vryheid gun." Met hierdie gebed roep Lize Lategan haar goeie Christelike opvoeding vaarwel. Sy is op 'n vliegtuig onderweg na Engeland vir die werksgeleentheid van haar lewe. Skaars een uur in die vreemde raak sy, jonk en onervare, egter hals oor kop verlief op haar gasheer, die nimlike Conrad Buckle. Sy het geen weerstand teen sy aanraking nie. Lize kies 'n afdraaipad en swenk met elke nuwe ondeurdagte besluit verder en verder weg van God en van die Lize wat sy eenmaal was. In die euforiese maalkolk van begeerte sien sy nie die waarskuwingstekens raak nie: Conrad bestel haar kos, kies haar klere en neem beheer van elke aspek van haar lewe. Maar sy laat hom begaan. Sy het hom mos lief. Totdat Conrad een aand sy hand vir haar lig en Lize se lewe onherroepelik verander...Afdraaipad is Elaine Marais se derde roman. Dit volg op haar debuutroman, Liefde vir Lienke, en haar tweede roman, Koesterkind. Elaine Marais kan beskou word as Suid-Afrika se eie Francine Rivers. Haar boeke is gemik op vroue wat al die veersagte tinteling van die liefde ervaar het, maar ook die wanhoop ken van onbeantwoorde liefde.

Koesterkind (Paperback): Elaine Marais Koesterkind (Paperback)
Elaine Marais
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R166 Discovery Miles 1 660 Ships in 4 - 6 working days

Elaine Marais se tweede Christelike roman, Koesterkind, handel oor die wel en wee van 'n vrou wat gelouter word. Tina is 'n beeldskone bedorwe brokkie, maar die status het gekom met 'n hoe prys. Sy moes veg vir elke greintjie aandag van haar besige, onbetrokke ouers. Met geen grense om haar in te perk nie, kies sy om haar te vergryp aan die lewe se genietinge. Sy loop haar vas teen die gereg. Haar vonnistydperk in die ongenaakbare wereld van 'n vrouegevangenis word 'n tyd waarin sy haarself leer ken. Haar behoud is 'n onverwagse vriendskapaanbod van Rosina, 'n rasta-vrou wat respek by die vrouens in die tronk afdwing. 'n Aanslag op haar lewe en die moeisame pad na herstel maak haar hart ontvanklik vir onbaatsugtige liefde. Die liefde van haar medemens, die liefde van Marius wat haar die geleentheid gee om op haar eie voete te staan en die liefde van haar vervreemde ouers.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Deadpool & Wolverine
Shawn Levy DVD R280 R252 Discovery Miles 2 520
The Improvement of the Mind
Isaac Watts Paperback R462 Discovery Miles 4 620
The Internship / The Watch
Vince Vaughn, Owen Wilson, … DVD  (1)
R92 Discovery Miles 920
Decoding the Stars: A Biography of…
Ileana Chinnici Hardcover R5,066 Discovery Miles 50 660
On the Principle of Holographic Scaling…
Leo Rodriguez, Shanshan Rodriguez Hardcover R1,714 Discovery Miles 17 140
Understanding the Enrichment of Heavy…
Yutaka Hirai Hardcover R3,785 Discovery Miles 37 850
From Varying Couplings to Fundamental…
Carlos Martins, Paolo Molaro Hardcover R5,822 Discovery Miles 58 220
Young Frankenstein
Gene Wilder, Marty Feldman, … DVD R307 R252 Discovery Miles 2 520
One and Two
Kiernan Shipka, Timothée Chalamet, … DVD R102 Discovery Miles 1 020
John Wick
Keanu Reeves, Michael Nyqvist, … DVD  (2)
R276 Discovery Miles 2 760

 

Partners