0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R250 - R500 (3)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 3 of 3 matches in All Departments

Bonsaimeisies (Afrikaans, Paperback): Erla Diedericks Bonsaimeisies (Afrikaans, Paperback)
Erla Diedericks
R320 R250 Discovery Miles 2 500 Save R70 (22%) In Stock

Buig die boompie ...

Psigiater Ann Marais breek weg na die Wonderberge, maar ’n vlaag ontvoerings vertroebel haar vakansie. Speurder Marnus Mostert vertel haar van die grieselrige manier waarop die ontvoerder sy jong slagoffers martel voordat hy hulle vermoor:

Hy buig en snoei hulle soos Bonsaiboompies ...

Daar is net een mens wat hulle kan help: Samael de Kock, ’n martelspesialis, psigopaat en gevagene van Molenberg Psigiatriese Hospitaal. Kort voor lank is daar ’n vreesaanjaende magspel tussen Samael, Ann en die Tuinier, soos hulle die moordenaar noem.

Intussen duik ander karakters op om sake verder te kompliseer: ’n Plantkundige vasgevang in haar verlede, ’n geheimsinnige byeboer, en ’n gasteplaaseienaar met weermaggeraamtes in die kas.

Sal Ann die Tuinier kan help vastrek voordat hy weer sy snoeiskêr optel?

Swyg (Afrikaans, Paperback): Erla Diedericks Swyg (Afrikaans, Paperback)
Erla Diedericks
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Slegs die dooies kan swyg soos die graf ...

In 2009 word Stellenbosch geruk deur ’n sensasionele moord. Vanessa Wessels, dogter van ’n welgestelde familie, vermoor haar studentemaat, maar swyg soos die graf oor die voorval. Dokters beweer sy ly aan psigotiese geheueverlies weens die dwelms wat in haar bloedmonsters gevind is, maar almal het hulle bedenkinge.

’n Paar jaar later jaag die bekende digter en dosent Didi Donkermann, geheime en al, by Voëlklip oor die afgrond in ’n vermeende selfdood.

Die raaisels begin net stof opgaar, toe die Molenberg psigiatriese hospitaal vir dr. Ann Marais laat weet dat Vanessa Wessels haar wil sien. Ná jare se stilte wil sy uiteindelik praat oor wat die aand van die moord gebeur het. Dan kom Didi se seun, die skrywer Louis Donkermann, ook uit die houtwerk met aantygings dat ’n jong skrywer sy nuutste boek geplagieer het.

Maar hoe is hierdie twee ou sake verbind? Waar oorvleuel moord, obsessie en letterkunde? En hoe vind jy die waarheid na soveel jare se stilswye?

Swyg, Erla Diedericks se vierde spanningsroman, snuffel heerlik tussen die geraamtes van die akademiese en uitgewerswêreld.

Salemstraat (Afrikaans, Paperback): Erla Diedericks Salemstraat (Afrikaans, Paperback)
Erla Diedericks
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wanneer ʼn man doodgeskiet word deur sy vrou in hul pragtige huis in die noordelike voorstede, besef die bure dat hulle dalk nie die oënskynlike gelukkige paartjie langsaan baie goed geken het nie. Stories oor MJ en Emilee loop skielik die buurt vol, stories wat net so uiteenlopend is soos Salemstraat se inwoners. Almal, van die oud weermagman Stefaans tot die mooie Russiese Natasja, onthul ’n nuwe blik op die paartjie.

Dit val grootliks op die skouers van dr. Ann, afgetrede psigiater, en Liz, die jong prokureur met ’n voorliefde vir hoëprofiel-egskeidings, om uit te vind watter stories waarheid inhou en wat blote bog is. Maar hoe dieper hulle grawe, hoe meer geheime word verklap, en een ná die ander kom die middelklas geraamtes uit die instapkaste getuimel.

Een ding is egter seker: Satan het nog altyd in die suburbs geskuil.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Terms And Conditions - Dreamland…
Lauren Asher Paperback  (2)
R295 R264 Discovery Miles 2 640
Migration and Society in Britain…
Ian Whyte Hardcover R3,171 Discovery Miles 31 710
Hulle Noem Haar Carminda
E. Kotze Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Social Justice through Citizenship…
A. Lewicki Hardcover R2,464 R1,834 Discovery Miles 18 340
Vrydagaand
Elsa Winckler Paperback R388 Discovery Miles 3 880
The New Nomads - How The Migration…
Felix Marquardt Paperback  (1)
R343 Discovery Miles 3 430
Immigrant Rights in the Shadows of…
Rachel Ida Buff Hardcover R2,899 Discovery Miles 28 990
Something Wilder
Christina Lauren Paperback R290 R264 Discovery Miles 2 640
Divine Rivals - Letters Of Enchantment…
Rebecca Ross Paperback R458 Discovery Miles 4 580
Receive Our Memories - The Letters of…
Jose Orozco Hardcover R3,568 Discovery Miles 35 680

 

Partners