0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (1)
  • R250 - R500 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 3 of 3 matches in All Departments

Bonsaimeisies (Afrikaans, Paperback): Erla Diedericks Bonsaimeisies (Afrikaans, Paperback)
Erla Diedericks
R320 R145 Discovery Miles 1 450 Save R175 (55%) In Stock

Buig die boompie ...

Psigiater Ann Marais breek weg na die Wonderberge, maar ’n vlaag ontvoerings vertroebel haar vakansie. Speurder Marnus Mostert vertel haar van die grieselrige manier waarop die ontvoerder sy jong slagoffers martel voordat hy hulle vermoor:

Hy buig en snoei hulle soos Bonsaiboompies ...

Daar is net een mens wat hulle kan help: Samael de Kock, ’n martelspesialis, psigopaat en gevagene van Molenberg Psigiatriese Hospitaal. Kort voor lank is daar ’n vreesaanjaende magspel tussen Samael, Ann en die Tuinier, soos hulle die moordenaar noem.

Intussen duik ander karakters op om sake verder te kompliseer: ’n Plantkundige vasgevang in haar verlede, ’n geheimsinnige byeboer, en ’n gasteplaaseienaar met weermaggeraamtes in die kas.

Sal Ann die Tuinier kan help vastrek voordat hy weer sy snoeiskêr optel?

Swyg (Afrikaans, Paperback): Erla Diedericks Swyg (Afrikaans, Paperback)
Erla Diedericks
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Slegs die dooies kan swyg soos die graf ...

In 2009 word Stellenbosch geruk deur ’n sensasionele moord. Vanessa Wessels, dogter van ’n welgestelde familie, vermoor haar studentemaat, maar swyg soos die graf oor die voorval. Dokters beweer sy ly aan psigotiese geheueverlies weens die dwelms wat in haar bloedmonsters gevind is, maar almal het hulle bedenkinge.

’n Paar jaar later jaag die bekende digter en dosent Didi Donkermann, geheime en al, by Voëlklip oor die afgrond in ’n vermeende selfdood.

Die raaisels begin net stof opgaar, toe die Molenberg psigiatriese hospitaal vir dr. Ann Marais laat weet dat Vanessa Wessels haar wil sien. Ná jare se stilte wil sy uiteindelik praat oor wat die aand van die moord gebeur het. Dan kom Didi se seun, die skrywer Louis Donkermann, ook uit die houtwerk met aantygings dat ’n jong skrywer sy nuutste boek geplagieer het.

Maar hoe is hierdie twee ou sake verbind? Waar oorvleuel moord, obsessie en letterkunde? En hoe vind jy die waarheid na soveel jare se stilswye?

Swyg, Erla Diedericks se vierde spanningsroman, snuffel heerlik tussen die geraamtes van die akademiese en uitgewerswêreld.

Salemstraat (Afrikaans, Paperback): Erla Diedericks Salemstraat (Afrikaans, Paperback)
Erla Diedericks
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wanneer ʼn man doodgeskiet word deur sy vrou in hul pragtige huis in die noordelike voorstede, besef die bure dat hulle dalk nie die oënskynlike gelukkige paartjie langsaan baie goed geken het nie. Stories oor MJ en Emilee loop skielik die buurt vol, stories wat net so uiteenlopend is soos Salemstraat se inwoners. Almal, van die oud weermagman Stefaans tot die mooie Russiese Natasja, onthul ’n nuwe blik op die paartjie.

Dit val grootliks op die skouers van dr. Ann, afgetrede psigiater, en Liz, die jong prokureur met ’n voorliefde vir hoëprofiel-egskeidings, om uit te vind watter stories waarheid inhou en wat blote bog is. Maar hoe dieper hulle grawe, hoe meer geheime word verklap, en een ná die ander kom die middelklas geraamtes uit die instapkaste getuimel.

Een ding is egter seker: Satan het nog altyd in die suburbs geskuil.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
PXN A9 Gaming Steering Wheel Foldable…
R1,631 R1,511 Discovery Miles 15 110
Tesa General Purpose Masking Tape (50m x…
R79 Discovery Miles 790
Did You Know That There's A Tunnel Under…
Lana Del Rey CD R435 Discovery Miles 4 350
Addis Pet Bed Pet Basket Plastic (61cm x…
Ultra Link Universal Laptop Charger…
R599 R519 Discovery Miles 5 190
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R367 R340 Discovery Miles 3 400
SwitchEasy Shell Case for Samsung Galaxy…
 (2)
R99 R61 Discovery Miles 610
SandArt Kit - Dinosaurs
R160 R147 Discovery Miles 1 470
Ecoflow River 2 Max Portable Power…
R13,999 R5,119 Discovery Miles 51 190
Moonfall
Halle Berry, Patrick Wilson, … Blu-ray disc R309 Discovery Miles 3 090

 

Partners