|
|
Showing 1 - 6 of
6 matches in All Departments
Jou diepste vrees is sy grootste begeerte...
Geen lang naels nie. Geen skoenveters nie. Dit is maar enkele van die reëls in die Molenberg-Psigiatriese hospitaal. Selfmoord is ʼn inwoner hier, en die pasiënte word as psigopate bestempel.
Dominique du Randt word in Molenberg opgeneem ná haar ma se wrede moord. Niemand glo dat sy nie verantwoordelik is vir haar ma se dood nie. Niemand glo dat sy deur ʼn man agtervolg is wat homself die Bewonderaar noem nie. Haar sielkundige, Martin, het wel sy bedenkinge. Daarom dat hy sy eie speurwerk doen.
Wat Martin ontdek, is die Ophelia-klub. ’n Plek van grusame geheime, fantasieë en donker vergrype. Wanneer een van die vroulike pasiënte in Molenberg-Psigiatriese hospitaal verdwyn, is Dominique oortuig die Bewonderaar weet presies waar sy is. Hy is, soos voorheen, weer in beheer van dié skrikwekkende spel.
Maar hoe beskerm jy jouself in ’n plek soos Molenberg? Hier waar niemand jou glo en jy geen vryheid of beheer het nie?
Hy sug. “Weet jy wat dink ek? Ek dink jy moenie so hard dink en worrie
oor wat Christa sê nie, en ek dink nie jy moet verliefraak van jou
lysie afhaal nie.”
Sy wikkel haar net daar uit sy omhelsing los. “Wie sê dis op my lysie!”
“O, ek wéét dis op jou lysie.” Hy glimlag en dan trek hy haar weer
terug in sy arms, sy arm om haar middellyf; sy bene onmiddellik weer
die ene seekat oor hare. “Toe, hou nou op worrie oor nonsens. Slaap. Jy
gaan jou energie moreoggend nodig kry as jy wakkerword.” Met dié druk
hy sy lyf teenaan hare. Gits. Sekere dele van sy lyf is nie heeltemal
so aan die slaap as wat hy dalk dink nie.
“Hmmm” grom hy in haar nek as hy ook sy lyf se reaksie voel. “Jy gaan
dalk jou energie in die middel van die nag al benodig as ek sake so
uitkyk!”
Vir ‘n ruk lank lê hulle so – rustig en salig – totdat Meiring die
stilte onderbreek. “Mag ek vra waar jy aan jou inspirasie gekom het?”
“Met die ys en als?” vra sy.
“Ja … veral met die als.”
“O, ek het dit op YouTube gesien.”
Daar is ’n oomblik se stilte. “Jy is nie ernstig nie.”
Moet sy hom vertel van die seksghoeroe wat sy ontdek het wat videolesse
aanbied oor hoe om ’n man te verlei? Nee, wat.
“Ek grap net. Jou ysidee het my geïnspireer,” sê sy.
Hy soen haar in die nek. “Dan sal ek met meer idees vorendag moet kom.”
Toe Karen se man haar vir ’n jonger weergawe los, besluit sy: Dis tyd
om te waag.
’n Vriendin vertel haar van die eienaar van ’n toermaatskappy wat glo
’n bobaasverleier en uitstekende minnaar is …
Hy stem in om Karen uit haar penarie te red en gou beleef sy avonture
waarvan sy voorheen net kon droom. Avonture het egter ’n manier om jou
onverhoeds te betrap en jou op afdraaipaaie te neem wat jy nooit sien
kom het nie.
A recent divorcee decides to go and look for the man in her dreams
- but is he the man of her dreams? Dianne, a woman in her early
thirties, finds out that her husband is having an affair with a
glamorous blonde. Supported by a fun-loving, hell-raising best
friend and a flamboyant mother who always sees the dark cloud
inside the silver lining, she tries to mend her broken heart by
following her own little path of self-destruction and
self-discovery.
Dalk is hy hier. Besig om jou dop te hou.
Dominique is ’n kunstenares en ’n hoogsbetaalde gesellin wat
spesialiseer in seksfetisjes. Martin is ’n sielkundige wat bekruipers
navors. Hul paaie kruis wanneer Dominique by Martin om hulp aanklop
omdat sy agtervolg word. Hulle mag so uiteenlopend wees soos nag en
dag, maar albei word geteister deur donker geheime. Martin het syfers
nodig om sy angstigheid te beheer, Dominique die vertroosting van haar
sekswerk-persona, Courtesan.
Soos Dominique en Martin deur haar lys van klante werk om Die Bekruiper
te ontbloot, word die bedreiging al hoe erger. En die tyd al hoe minder.
“Jy lyk ongelooflik. Sensueel. Ek het nie eens besef daar skuil so ’n
ongelooflike figuur onder daardie onooglike slaaphemp wat jy gisteraand
aangehad het nie.”
Sy wip haarself regop. “Wat bedoel jy met onooglik?!”
“Trust me. ’n Xtra large, verlepte ou hemp met ’n teddiebeertjie op het
nog geen man lus gemaak vir enigiets nie.”
“O, regtig. Is dit so? Vir iemand wie glo afgesit was deur ’n
teddiebeerhemp, was jy gisteraand taamlik voor op die wa en vol idees.”
Hy lag. Trek haar nog nader. “Ek het nie gesê ek was nie aangetrokke
nie. Ek was net nie bewus van al jou versteekte bates nie. Om die
waarheid te sê, vir jou sal ek begeer al dra jy ’n goiingsak .”
In ‘n flitsmoment vind sy lippe haar mond. Sy soen deurdring haar, sy
lyf stoot haar agtertoe, nader, al hoe nader aan die aantrekhokkie se
muur wat sy met ’n slag tref. Haar oë vlieg oop. Daar is sy en hy in
die spieëls. Oor en oor word hulle herhaal. Dit. Is. ’n. Publieke. Plek.
Dié woorde refrein saam met die spieëlbeelde in haar kop. Sy druk hom
weg, maar hy pen haar arms bo haar kop vas teen die muur.
“Jy gaan nêrens nie.”
Andrea is min lus vir haar skoolreünie, tot sy hoor Stiaan Smith gaan
beslis daar wees. Hy het haar hart gebreek toe hy haar ná universiteit
vir ’n ander vrou gelos het.
Die saak is uitgemaak: Sy gaan Kaap toe vlieg vir die reünie. Daar gaan
sy Stiaan se hart uit sy bor skas pluk, dit braai en afsluk saam met ’n
goeie glas rooiwyn. Dit is nou wel jammer sy het nie ’n met gesel nie,
maar nou ja.
Die noodlot het egter ander planne.
Seks, leuens en die internet is ’n rou, eerlike vertelling deur ’n vrou wie se hart gebreek is, maar weier om moed op te gee. Op 50 lyk al die prinse en perde bra gehawend, maar vasbeslote durf sy die wilde wêreld van aanlyn afsprake aan, moedig op soek na haar sielsgenoot. Hierdie boek is deel van die immergewilde selfhelp-genre en kombineer die onderwerpe van verhoudings; seks en selfondersoek. Dis ’n eerlike en soms skreeusnaakse memoir - maar ook ’n nuttige gids oor die wêreld van aanlyn afsprake.
|
|