0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (3)
  • R100 - R250 (2)
  • R250 - R500 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 6 of 6 matches in All Departments

Die Bewonderaar (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Die Bewonderaar (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks 1
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Jou diepste vrees is sy grootste begeerte...

Geen lang naels nie. Geen skoenveters nie. Dit is maar enkele van die reëls in die Molenberg-Psigiatriese hospitaal. Selfmoord is ʼn inwoner hier, en die pasiënte word as psigopate bestempel.

Dominique du Randt word in Molenberg opgeneem ná haar ma se wrede moord. Niemand glo dat sy nie verantwoordelik is vir haar ma se dood nie. Niemand glo dat sy deur ʼn man agtervolg is wat homself die Bewonderaar noem nie. Haar sielkundige, Martin, het wel sy bedenkinge. Daarom dat hy sy eie speurwerk doen.

Wat Martin ontdek, is die Ophelia-klub. ’n Plek van grusame geheime, fantasieë en donker vergrype. Wanneer een van die vroulike pasiënte in Molenberg-Psigiatriese hospitaal verdwyn, is Dominique oortuig die Bewonderaar weet presies waar sy is. Hy is, soos voorheen, weer in beheer van dié skrikwekkende spel.

Maar hoe beskerm jy jouself in ’n plek soos Molenberg? Hier waar niemand jou glo en jy geen vryheid of beheer het nie?

Die Lys (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Die Lys (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Hy sug. “Weet jy wat dink ek? Ek dink jy moenie so hard dink en worrie oor wat Christa sê nie, en ek dink nie jy moet verliefraak van jou lysie afhaal nie.”

Sy wikkel haar net daar uit sy omhelsing los. “Wie sê dis op my lysie!”

“O, ek wéét dis op jou lysie.” Hy glimlag en dan trek hy haar weer terug in sy arms, sy arm om haar middellyf; sy bene onmiddellik weer die ene seekat oor hare. “Toe, hou nou op worrie oor nonsens. Slaap. Jy gaan jou energie moreoggend nodig kry as jy wakkerword.” Met dié druk hy sy lyf teenaan hare. Gits. Sekere dele van sy lyf is nie heeltemal so aan die slaap as wat hy dalk dink nie.

“Hmmm” grom hy in haar nek as hy ook sy lyf se reaksie voel. “Jy gaan dalk jou energie in die middel van die nag al benodig as ek sake so uitkyk!”

Vir ‘n ruk lank lê hulle so – rustig en salig – totdat Meiring die stilte onderbreek. “Mag ek vra waar jy aan jou inspirasie gekom het?”

“Met die ys en als?” vra sy.

“Ja … veral met die als.”

“O, ek het dit op YouTube gesien.”

Daar is ’n oomblik se stilte. “Jy is nie ernstig nie.”

Moet sy hom vertel van die seksghoeroe wat sy ontdek het wat videolesse aanbied oor hoe om ’n man te verlei? Nee, wat.

“Ek grap net. Jou ysidee het my geïnspireer,” sê sy.

Hy soen haar in die nek. “Dan sal ek met meer idees vorendag moet kom.”

Toe Karen se man haar vir ’n jonger weergawe los, besluit sy: Dis tyd om te waag.

’n Vriendin vertel haar van die eienaar van ’n toermaatskappy wat glo ’n bobaasverleier en uitstekende minnaar is …

Hy stem in om Karen uit haar penarie te red en gou beleef sy avonture waarvan sy voorheen net kon droom. Avonture het egter ’n manier om jou onverhoeds te betrap en jou op afdraaipaaie te neem wat jy nooit sien kom het nie.

Still Standing (Paperback): Erla-Mari Diedericks Still Standing (Paperback)
Erla-Mari Diedericks
R77 Discovery Miles 770 Ships in 4 - 8 working days

A recent divorcee decides to go and look for the man in her dreams - but is he the man of her dreams? Dianne, a woman in her early thirties, finds out that her husband is having an affair with a glamorous blonde. Supported by a fun-loving, hell-raising best friend and a flamboyant mother who always sees the dark cloud inside the silver lining, she tries to mend her broken heart by following her own little path of self-destruction and self-discovery.

Dominique (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Dominique (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Dalk is hy hier. Besig om jou dop te hou.

Dominique is ’n kunstenares en ’n hoogsbetaalde gesellin wat spesialiseer in seksfetisjes. Martin is ’n sielkundige wat bekruipers navors. Hul paaie kruis wanneer Dominique by Martin om hulp aanklop omdat sy agtervolg word. Hulle mag so uiteenlopend wees soos nag en dag, maar albei word geteister deur donker geheime. Martin het syfers nodig om sy angstigheid te beheer, Dominique die vertroosting van haar sekswerk-persona, Courtesan.

Soos Dominique en Martin deur haar lys van klante werk om Die Bekruiper te ontbloot, word die bedreiging al hoe erger. En die tyd al hoe minder.

Die Kontrak (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Die Kontrak (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Kort nadat haar verloofde haar met haar vrouebaas verkul het, ontmoet Marike haar droomman. Brett is aantreklik, skatryk, en ‘n beroemde draaiboekskrywer. Daar is net een probleem: Sy is met ‘n kontrak aan hom verbind, een wat dit duidelik stel dat sy nie op hom verlief mag raak nie, maar dat sy mildelik vergoed sal word om sy minnares en muse te word.

Hoe moeilik kan dit tog wees? Veral noudat sy besluit het om mans vir altyd af te sweer, en wild en wragtig in die oomblik te leef. Maar die hart sluit sy eie kontrakte, ongeag wat die verstand vir haar voorsê.

Soos wat Marike meer tyd saam met die enigmatiese Brett deurbring, vat vonke tussen hulle vlam. Totdat hulle terugkeer van ‘n stomende vakansie in Mauritius en hulself in ‘n uiters netelige posisie bevind – en in ‘n kontrak van ‘n heel ander aard.

Seks, Leuens en die Internet (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Seks, Leuens en die Internet (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Seks, leuens en die internet is ’n rou, eerlike vertelling deur ’n vrou wie se hart gebreek is, maar weier om moed op te gee. Op 50 lyk al die prinse en perde bra gehawend, maar vasbeslote durf sy die wilde wêreld van aanlyn afsprake aan, moedig op soek na haar sielsgenoot. Hierdie boek is deel van die immergewilde selfhelp-genre en kombineer die onderwerpe van verhoudings; seks en selfondersoek. Dis ’n eerlike en soms skreeusnaakse memoir - maar ook ’n nuttige gids oor die wêreld van aanlyn afsprake.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Womens 2-Piece Fitness Gym Gloves…
R129 Discovery Miles 1 290
Hermes Le Jardin De Monsieur Li Eau De…
R2,614 R1,409 Discovery Miles 14 090
Poor Things
Emma Stone, Mark Ruffalo, … DVD R357 Discovery Miles 3 570
Vital Baby® NURTURE™ Ultra-Comfort…
R30 R23 Discovery Miles 230
Tommy EDC Spray for Men (30ml…
R479 R414 Discovery Miles 4 140
Elecstor B22 7W Rechargeable LED Bulb…
R399 R369 Discovery Miles 3 690
Moon Bag [Black]
R57 Discovery Miles 570
Chris van Wyk: Irascible Genius - A…
Kevin van Wyk Paperback R360 R255 Discovery Miles 2 550
Bestway Beach Ball (51cm)
 (2)
R26 Discovery Miles 260
Casio LW-200-7AV Watch with 10-Year…
R999 R884 Discovery Miles 8 840

 

Partners