|
Showing 1 - 5 of
5 matches in All Departments
Sestig jaar na Herman Charles Bosman se dood het die eerste
Afrikaanse bundel Oom Schalk Lourens-stories verskyn (In die
withaak se skadu, Suiderkruis Boeke, 2011). Dit is besonder goed
ontvang, en het gunstige kommentaar ontlok van skrywers soos Andre
P. Brink, P.G. du Plessis, Pieter Fourie en Paul C. Venter. Die
jaar daarna het ’n Bekkersdalmarathon en ander Voorkamerstories
(Suiderkruis Boeke, 2012) die lig gesien, wat sowat die helfte van
Bosman se bekende stories oor Jurie Steyn se plaasposkantoor bevat.
Dit was die eerste Bosman-bundel wat deur Fred Mouton geillustreer
is. Die oorweldigend positiewe terugvoer oor die
Bosman/Moutonkombinasie het dit voor die hand liggend gemaak dat
Fred ook oom Schalk se stories onder hande moet neem. Mafeking-pad
kombineer dus vir die eerste keer Bosman se gewildste verhale – wat
van 1947 af nog nooit uit druk uit was nie – met Fred Mouton se
kenmerkende styl. Die resultaat is eg Afrikaanse lekkerte!
|
Mafeking Road (Paperback)
Herman Charles Bosman; Illustrated by Fred Mouton
bundle available
|
R172
Discovery Miles 1 720
|
Ships in 4 - 8 working days
|
Arguably the most enduring collection of South African
short-fiction, Mafeking Road has never been out of print since its
first publication in 1947. Although Roy Campbell wrote to Herman
Charles Bosman, “I think your stories in Mafeking Road are the best
that ever came out of South Africa,” Bosman himself was not quite
happy with the text. “I was in such a hurry … that I didn’t do what
I had always intended: i.e. to restore them as far as possible to
the way they were originally, when I wrote them,” he replied. Now,
for the first time, Bosman’s stories have been restored to the
original 1930s (magazine) versions, which adds some 1 300 words of
never-before-seen Bosman-isms to the text. Added to this is Fred
Mouton’s signature style illustrations, which make this, quite
simply, the best version of Mafeking Road ever published. Bosman
would approve.
Verlang jy ook soms, soos ou Suidwesters, na vervloe dae se
kerkbasaars, geselsies maak met sout-van-die-aarde-karakters of
night caps in die Nord Hotel se kroeg? Dink jy ook met heimwee
terug aan karavaanvakansies, Etosha se kilometers bos- en
vlaktewereld en ure se gesels om die braaivleisvuur? Met Verdriet
se moses neem Helm Jooste sy lesers op ? nostalgiese reis na
daardie Suidwes: ’n Plek waar vrinne mekaar help om verdriet af te
skud, waar elke kuier eers met 'n laaste kleine Kleine afgerond
moet word, en jeugdige joligheid ’n mens jare later nog kan laat
skater. Lees hoe ’n misleidende ontmoeting met ’n loskop net die
regte medisyne vir ’n ontspoorde wewenaar geword het, hoe ’n
weerbarstige motortoeter byna tot moord gelei het en hoe vier
gestrande manne maak as ’n hotel ontydig tjokkenblok vol is.
Verdriet se moses volg op Helm Jooste se eerste twee boeke: Daar
doer in Duitswes (1989) en Dinge daar doer (1992), waarmee hy
verwelkom is as “bobaasverteller oor die ou dae in Namibie”.
Verskeie humoristiese vertellinge van Helm Jooste word in hierdie
boekie saamgevat. Meeste van die vertellinge handel oor die ou
Suidwes.
Rimpelstories is ‘n leesprogram vir die Grondslagfase (Afrikaans
huistaal), wat uit 88 aantreklike geïllustreerde storie- en
feiteboekies bestaan. Die reeks is uitkomsgebaseerd met ‘n
vaardigheidsbenadering as grondslag. Luister-, praat-, lees-,
skryf-, taal-, leer- en denkvaardighede word op ‘n natuurlike wyse
geïntegreer en ontwikkel progressief.
Die leesboeke vir elke graad is in vier vlakke ingedeel, om
voorsiening te maak vir lesers met verskillende vlakke van
leesvaardigheid. Daar is ook ‘n Onderwysersgids vir elke graad wat
al die inligting bevat wat nodig is om die die program vir lees
suksesvol te beplan en aan te bied.
Die Onderwysersgidse bied ook voorbeelde van werksvelle en
assesseringstabelle. Vir Graad 1 en 2 is daar ook ‘n Handleiding
vir liedjies en musiek en ‘n Oudio kassetband met musiek en sang
beskikbaar, wat albei dien as versterking van die woordeskat en
taalstruktuur wat in die storieboeke bekendgestel word, terwyl
musiekvaardighede terselfdertyd verwerf word.
|
You may like...
Ambulance
Jake Gyllenhaal, Yahya Abdul-Mateen II, …
DVD
(1)
R93
Discovery Miles 930
|